Luister Preek | Laai Preek Af |
Donderdag is Hemelvaart dag, een van die groot feesdae van ons as kerk. Donderdag, op Hemelvaart vier ons hoe Jesus die kerk aangestel het om sy werk op aarde voort te sit. Maar wat beteken dit? Ons is besig om so bietjie te kyk na wat ons werk as kerk is. Verlede week het ons uit Henog se hemelvaart geleer dat die Here ons roep om saam met Hom te wandel. Hy is reeds besig in die wêreld, Hy is reeds besig in my wêreld, ek moet eenvoudig saam met Hom loop. Ek kan nie sit en wag dat Hy alles doen nie. Ek kan nie vooruit hardloop en Hom aanjaag nie. Ek moet eenvoudig saam met Hom loop deur gelowig lief te hê en die Woord te verkondig.