
16-03-25_lukas_22_-_goeie_vrydag.docx |
DEEL 1: DIE WONDER VAN GOEIE VRYDAG
Goeie Vrydag! Hoekom is dit GOEIE Vrydag? As Jesus gekruisig word en doodgaan, hoekom is dit GOEIE Vrydag? Hoekom nie ‘hartseer’ Vrydag of ‘verskriklike’ Vrydag nie? Wat is GOED van dit wat aan die kruis gebeur het? Hoekom GOEIE Vrydag?
Omdat die verlossing die Vrydag gekom het, nie die Sondag nie. Jesus het nie doodgegaan en toe hel toe gegaan om te gaan veg vir ons nie.