
johannes_3v16_laat_god_se_liefde_deur_jou_vloei_22_januarie_2017.docx |
“Net ‘n bietjie liefde!” (sing Coenie de Villiers in een van sy liedjies)...
“Net ‘n bietjie liefde!”
Dit tref iets hier diep binnekant elkeen van ons.
Want dit is só waar: ons almal smag na net ‘n bietjie liefde. En so dikwels kry ons dit nie...
As daar een ding is waarsonder die mens nie kan klaarkom nie, is dit liefde: daardie misterieuse, onbeskryflike, onweerstaanbare “iets” wat maak dat jy weer kan lewe – weer kans sien vir môre, dat jy weer goed voel oor jouself, dat jy weer kan hoop, kan vertrou, kan droom.