Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Openbare Getuienis
    • Wapadrant Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Inry Erediens
    • Maand-Krant
    • GPS 2020
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO >
        • Sunrise: Naskool en Leerder Ondersteuning
        • Sunrise: SAPS Trauma Sentrum
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

Leer by Jesus hoe om in stresvolle tyd te leef -              Dr Peet Vermeulen

1/9/2013

 

Luister preek

Laai preek teks af

20130901_mark_1-35_leer_by_jesus_hoe_om_in_stres_te_leef.pdf
File Size: 168 kb
File Type: pdf
Download File

Laai audio af

20130901.mp3
File Size: 3687 kb
File Type: mp3
Download File

Mark 1:21-39 (Skriflesing: Mark 1:32-39)  Leer by Jesus hoe om in stressvolle tyd te leef.

Wat is die tempo waarteen jy leef?

Ons is nou in die tyd van die jaar wat die revolusies drasties toeneem.
Die redes:
          1.  Volgende jaar se beplanning moet reeds gedoen word
          2. Al die uitstaande items op vanjaar se beplanning moet ingewerk word
          3. Die eindeksamens kom drasties nader

Die resultaat is
          1. Die tempo neem toe
          2. Verhoudings versleg.  

Dit word ‘n holderste bolder, gejaag, waarin jy somtyds bollemakiesie slaan net om by te hou.  Dit bring spanning.  Spanning in jou persoonlike lewe en ook in jou verhoudingslewe (gesinslewe)

Die tempo waarteen meeste van ons leef is te hoog, net te hoog.
Daar is nie spasie of genoeg spasie tussen die vrag wat jy dra en jou limiete nie.
Die spasie tussen om met krag te leef en uitputting word so vernou
                                                            dat dit byna nie meer bestaan nie. 
Jy is so op die rand tussen die twee…

Dikwels is dit nié omdat jy met verkeerde dinge besig is nie.
Jy kan met goeie dinge besig wees
maar die regte dinge bly so in die slag.

Hoe weet jy of jy in die krisis modus leef?

Vra jouself:

·       Geniet jy nie meer die lewe omdat jy te besig is?

·       Is jy voortdurend oormoeg?

·       Wys jou kinders tekens van spanning?

·       Het jy oormatige skuld?

Indien jy “ja” op ‘n paar van die vrae geantwoord  het,
is jy dalk in ‘n krisis modus.

Hoe gaan dit ten opsigte van die volgende:

·       Ontmoet jy gereeld nuwe mense?

·       Het jy en jou huweliksmaat ‘n gereelde afspraak aand?

·       Eet julle as gesin gereeld lekker saam?

·       Kry jy genoeg slaap?

·       Het jy gereeld ‘n afdag?

Indien jy nee moet antwoord op twee of meer van die vrae is flikker die rooi ligte.

Wanneer  jy in ‘n krisies modus leef, flankeer jy met ‘n ramp.

Want jy is net besig om meer dinge, al hoe vinniger te doen.
Iewers gaan jy nie meer al die balle in die lug kan hou nie.

Dit is net ‘n kwessie van tyd voor dinge in mekaar stort..

Die gevolg van so ‘n krisismodus lewe is:

Jou verhoudings,
jou geestelike lewe,
jou fisiese gesondheid lei skade…

Daar is gewoon net nie tyd om aan die dinge aandag te gee of daaraan te bou nie. 

Jou verhoudings word afgeskeep en verdwyn
Jy word geestelik moeg en afgemat.
Jy het bloot later nie meer energie of lus om aan die geestelike te werk nie


Jy is dikwels so met die dinge van die Here besig,
                     dat jy nie meer met die Here self besig is nie.
Jy gaan soos ‘n robot meganies voort.- want die dinge moet klaar.

Miskien is dit vanoggend die tyd om tot stilstand te kom en te vra:

Waarmee is jy besig?

Is daar genoeg stiltetyd in jou, jou gesin se lewens?

Kom julle as gesin gereeld om die Woord van die Here by mekaar?

Kom ons kry ‘n blik in Jesus se lewe  en leer iets van sy  lewensritme

Mark 1 vertel sy werksritme

Jesus en sy dissipels was  in Kapernaum.  Die Sabbat môre vroeg is hulle  tempel toe.  Daar het Jesus begin om die mense te leer.  Hulle was verstom oor sy leer want hy het met gesag geleer.

Die rustige tempeldiens is versteur deur  ‘n man met ‘n onrein gees wat skielik tussen die mense uitgeroep het: “Wat het ons met U te doen, Jesus van Nasaret?  Het U gekom om ons te verdelg? Ek weet goed wie U is; U is die Heilige van God!” (v24)

Jesus het hom skerp aangespreek en die Gees beveel om uit hom uit te gaan.  Die Gees het die man stuiptrekkings laat kry, hard geskreeu en toe uit hom uitgegaan.

Die tonge was los.  Die mense het gepraat.  Wat gaan hier aan?  Dit is ‘n nuwe leer en dit kom met gesag!  Selfs die onrein geeste luister na hom…

Na die tempeldiens was die aksie nie verby nie.  Die mense het saam met Jesus en die dissipels na die huis van Simon en Andreas gegaan waar Petrus se skoonmoeder siek met hoë koors gelê het.  Jesus het na haar geloop, haar hand geneem en haar regop gehelp.  Die koors het haar verlaat en sy het hulle bedien.

Dit was die einde van die dag maar nie die einde van Jesus se werk nie.
Die dorp was  was in rep en roer…
Kom ons lees wat toe verder gebeur het:

Lees Mark 1:32-39

Jesus se bediening druk.
En die druk van buite onstaan spontaan uit die mense se nood.
Daar is soveel siekes wat gesond wil word.

Wat doen Jesus binne die druk?

Ver 35:

Die more vroeg, toe dit nog donker was, het Hy opgestaan en  buitentoe gegaan na ‘n eensame plek en daar gebid.

Jesus het ‘n ‘n stil plek op gesoek, weg van die gewoel, weg van die werk.
Hy spandeer tyd met God in gebed.
Wat die inhoud was, weet ons nie.

Heelmoontlik danksegging – vir seëninge wat hy ontvang het. 
Moontlik verheerliking..,
of dalk voorbidding vir sy Galelese roete wat hy aanstons sou begin.

Gebed was vir Jesus baie belangrik...
Hy het gebid:

·       voor hy gedoop is (Luk 3:21)

·       Voor hy die 12 apostels gekies het (Luk 6:12)

·       Met die wondervoeding van 5000 (Mark 6:41)

·       Voor Hy die dissipels ‘n belangrike vraag gevra het (Luk 9:18)

·       Voor Hy al die vermoeides na hom uitgenooi het (Mat 11:25-30

·       Voor hy die dissipels die Onse Vader geleer het (Luk 11:1)

·       By Lasarus se graf (Joh 11:41,42)

·       Vir Petrus voor die verloëning (Luk 22:32)

·       Die nag met die instelling van die nagmaal (Mark 14:32-39)

Lees die evangelies en u sal sien dit refrein…

Leer by Jesus,
lees sy gebede en sien die intieme gesprekke
met God, sy Vader

Tyd vir gesprek met God is nie iets wat vanself of maklik kom nie.
Veral in tye van hoë spoed moet dit intensioneel beplan en gedoen word.

Gebed is die skakel tussen mens en God
Dit is jou primêre kommunikasie met God
Dit is jou vernaamste manier dankie sê, verheerliking, smeeking, voorbidding te doen. (Katagismus  Sondag 45)

Jy het dit so nodig…

Intussen het die dissipels ook wakker geword en na Jesus begin soek.
Daar is nood!
Die mense soek vir Jesus

‘n Mens kan jou indink hoe al wat leef en beef in die omgewing
vroeg die volgende oggend in die tou kom val het, met hul siekes en siektes.
Hulle stoei om plek in die tou

Toe die dissipels Jesus gekry het, het hulle Hom vertel:
          “Almal soek u.” (Mark 1:37)

Daar is baie werk!  Die wemel van mense…
Dit sal wonderlik wees as u almal gesond kan maak.
Wat kan nou beter wees as om mense gesond te maak...?

Maar Jesus het gefokus.
Sy antwoord na sy gesprek my God die Vader was – ons moet gaan!

Laat ons êrens anders heengaan, na die nabygeleë dorpies toe,
sodat Ek daar kan preek,want daarvoor het Ek gekom.” (Mark 1:38b)


Tyd saam met God die Vader bring perspektief,
Dit bring wysheid.

Daar is baie dinge wat jou en my aandag vra…
Baie goeie dinge waarmee jy jou kan besig hou…

Maar wat is die regte dinge?
Wat is die dinge waarmee die Vader jou besig wil sien?
Net ons hemelse Vader kan dit aan jou openbaar…

Vir Jesus was dit hier om die roete na Galilea aan te pak

Leer van Jesus – hoe om die besige tye te bolwerk.
Stel die voorbeeld aan jou kinders

Kom saam om die Woord byeen.
Bid gereeld saam

So leer jy jou kinders wysheid.
en jy stimmuleer gesprek, verhouding  tussen hulle en die Here

Gesonde families word nie gebore nie maar gemaak.

Ek sluit af

‘n Ongebalanseerde lewe werk nie mooi met die dinge wat jy afskeep nie.
Veral nie as jy God, jou vrou, jou man of jou kinders afskeep nie
“Ek het nog nooit ‘n kind hoor sê: Ek wens my pa was meer by die werk toe ek klein was nie.

Leer om

Nee te sê wanneer die dinge te veel word.
Ja, te sê vir die regte dinge
Jy hoef nie allés te doen nie.

Geniet jou verhoudinge met God, jou familie, die natuur

Daar moet ‘n ritme wees van werk en rus – kyk maar na die skepping.
Leer by die Here

Leef gesond

Amen


Comments are closed.
    Picture

    Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
    ​
    Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder)
    Picture

    RSS Feed

    Tydperk

    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    March 2020
    February 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    August 2011
    July 2011

    Onderwerpe

    All
    Afgodery
    Afguns
    Afstand
    Bekommernis
    Belofte
    Blydskap
    Christus
    Deurkruis
    Dissipels
    Dissipelskap
    Doop
    Einde
    Erfenis
    Feeskos
    Gebed
    Geloof
    Genade
    Gesag
    Geskenke
    God
    God Se Stem
    Groeiefases
    Groot
    Hel
    Hemelvaart
    Jaco Kruger
    Jerusalem
    Jesus
    Jesus; Ly Vir Ons
    JOH 20:1-18
    Jubelsondag
    Jy Is Vry
    Kan Jy?
    Kerk
    Kersfees
    Kind
    Koringkorrel
    Krisis
    Labels
    Lag
    Lewenstaak
    Liefde
    Maria
    Ma-wees
    Moedersdag
    Moederskap
    Moeg
    Naam
    Onwelvoeglik
    Paasfees
    Palm
    Palmsondag
    Palm Sondag
    Peet Vermeulen
    Petrus Grove
    Pinkstersondag
    Prof Amie Van Wyk
    Reënboog
    Regte
    Restourasie
    Saad
    Sabbatsbrood
    Selfsug
    Seniors
    Sien Is Glo
    Simson
    Skoongewas
    Skuldbelydenis
    Sloet
    Sorg
    Spaar
    Sterf
    Sterk
    Sterk Bene
    Straatkafee
    Swak Bene
    Tafelmaniere
    Te Besig
    Te Laat
    Tempel
    Thinking Out Loud!
    Tuin Van Eden
    Verdienste
    Verheerlik God
    Verhoudings
    Verkiesing
    Verslawing
    Versoeking
    Vlees
    Vrou
    Vrugte Van Die Gees
    Vry
    Wandel
    W.A.T.
    Wat Drink Jy?
    Water
    Werd
    Werk
    Wetenskap
    Wilhelm
    Wilhelm Se Blog
    Winter
    Woede
    Woord


Photos used under Creative Commons from Neil Armstrong2, vancouverfilmschool, Evan Courtney, Ken Wilcox., hjjanisch, Parker Michael Knight, woodleywonderworks, Ari Helminen, Dougtone, radiant guy, yoga - photowork, Trilok Rangan, xmatt, Iza & Audrey Love !, Beverly & Pack, damo1977, Spencers Brook Farm, The ReflexMan, jamtea, Ryan Vaarsi, Vampire Bear, dpape, Justin A. Wilcox, marfis75, Niklas Hellerstedt, SHAREconference, Lori_NY, Allie_Caulfield, Andrew Michaels, onnola, GViciano, allspice1, tiltti, Parker Michael Knight, Pablodda, dededanabby, Capture Queen ™