
Genees die mens van selfsug...
en jy is terug in die tuin van eden....
Alle kwaad het begin in die paradys,
toe God moes plek maak vir die eie ek op die troon van die mens.
wat in die mens na vore kom...
Selfsug verander die mooiste mens...in 'n hartelose skurk..
* trap op ander - sonder om hom daaroor te bekommer
* Verneder / kraak ander af as dit homself in die proses kan laat beter lyk.
* Dit maak dat een mens rol in sy vet
terwyl 'n ander op sy voorstoep sterf van honger en dors.
· Dit pleeg selfs moord - om homself in die proses te verryk.
· Dit verloën God...- as sy eie lewe op die spel is.
Selfsug, maak jou 'n onversadigbare selfsugtige, ongenaakbare god.
Alles en almal moet net in jou diens wees.
Dit vernietig die beeld van Christus wat jy moet uitstraal daardeur.
Jy wys daardeur dat jy nie 'n snars verstaan van jou posisie voor God nie.
Ons teksvers leer:
Die liefde soek nie eiebelang nie.
Liefde is om nie selfsugtig te wees nie.
Selfsugtig beteken:
om net oor jouself bekommer te wees.
Gaan net oor jou eie belang ... en basta met die res...
Die mens beroep hom graag op eie reg, dit wat hom toekom.
Liefde vra nie wat jou reg is nie,
maar - wat is in belang van ander....?
Wat strek die ander tot voordeel selfs soms tot jou eie nadeel?
Dit gaan nie in die gedeelte dat
'n mens nie na jou eie belange moet omsien nie.
Dat jy dit jou maar kan verwaarloos, eintlik moet afskeep
sodat jy daardeur jou Christenskap kan bewys.
Hou in gedagte jou skeppingsdoel is: God se eer.
’n Volgeling van Jesus, is die een wat ander liefhet.
Die mens wat dink hy kan God dien, eer en loof
deur oor ander mense te kyk
en net na sy eie belang om te sien - maak 'n fout
1 Eie belang is eie aan die sondige mens
Pas nadat die dissipels die nagmaal saam met Jesus gevier het...
stel hulle Hom teleur.
Judas dink net aan homself...
sy eie rykdom...
Hy kan doen met 'n paar muntstukke...
en hy verraai Jesus vir 30 sikkels silver.
Die dissipel skrik so in die tuin van Getsemané
nadat Jesus gevange geneem is
dat hulle Hom daar en dan in die steeklaat, hakskene wys...
En dit net nadat Petrus in soveel woorde gesê het,
dat hy Jesus nooit in die steek sal laat nie.
Die rede: hulle was bang...
Sê nou net die tempelpolisie wil hulle ook gevange neem...?
Hulle ondervra
Of aanhou as Jesus se meelopers..?
Dit gaan in die benoudheid van die oomblik vir die Dissipels net om hulself...
Trap jy en ek nie ook dikwels in die slaggat nie...?
Hoe dikwels stel ons nie die Here teleur met ons dade nie.
Met jou belydenis aflegging het jy aan die Here beloof
jy sal die bediening van die sakramente ywerig opsoek...
Jy het beloof jy sal jou gawes gewilliglik met vreugde
tot nut en saligheid van die ander lede van die kerk aanwend...
Waarom word die eredienste / nagmaal so swak bygewoon...?
Waarom word die kerkfunksies so swak bygewoon* ?
Waarom sê die wêreld hulle is bang vir die Christene?
Want waar Christene is vind jy oorlog, misdaad, moord, bedrog, haat
Ek self word agterdogtig wanneer ek iets moet koop en iemand roem op sy christenskap...
Waarom is jy dikwels skaam om Jesus se Naam voor jou viende te bely...?
Waarom is ons Christene so gemaksugtig in ons geloof...?
Jy wil in die geloof bedien word...
maar wil nie ander bedien nie...!
Is ons dalk te besig...!
Te besig met onsself...!
Dit is niks anders as om Jesus te verloën nie.
2. Jesus stel mense nie teleur nie.
Dink jou Jesus se plek in:
Judas verraai Hom...
· Al die dissipels hardloop weg
· Selfs Petrus wat so vol van homself was...
· Hy bly alleen agter tussen die tempelpolisie.
· Hy is hulle gevangene.
En Hy weet:
Dit is nie die einde van sy verloëning nie.
Vannag nog gaan Petrus hom drie maal,
die derde keer vloekend verloën.
Soveel volgelinge deur die eeue later..
ook jy en ek...
Hy het geweet ook ons sou Hom verloën.
Die wonderlike:
Jesus dink nie aan homself nie.
Hy het nie homself, Sy rykdom of gerief in die oog nie.
Maar Hy dink aan jou en my...
Sondaars wat verlossing moet ontvang.
Hy loop die kruispad enduit...
Sodat jy en ek verlos mag word van ons sondeskuld.
Dit is liefde...
Dit is die voorbeeld wat Jesus vir jou en my stel.
Hy is volluit aan God gehoorsaam.
Hy sterf...
sodat jy en ek mag leef.!
Hy is die Herder wat Sy skape enduit lei en versorg...
Dit bring ons by die vraag:
Kan jy en ek verander om soos Jesus op te tree?
Ja, deur God se Gees wat liefde in jou hart wek.
wat maak dat jy nie net aan jouself wil dink nie..,
maar in die eerste plek aan God en ook ander mense.
Die beste manier om jouself te help is om ander te help.
Geen mens wat net vir homself leef,
is op God se pad nie nie.
Leef vir God en jou medemens - dan het jy 'n doel.
Hoor wat leer die Skrif:
"'elkeen in julle kring wat groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees."
"So is dit ook met die Seun van die mens:
Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien
en sy lewe te gee as losprys vir baie mense"
Wie dien jy...?
Jouself of God en jou medemens?
Amen