Luister Preek | | Laai Preek af | ![]()
|

- Sy het op 12 onbepland swanger geraak met haar eerste kind.
- Sy het besluit om die kind te hou en groot te maak.
- Toe hierdie kind 12 was, het hy weggeraak en toe sy hom uiteindelik kry, sê hy vir haar dat hy nou ’n ander huis het
- ’n Jaar later is haar man dood en moes sy die kinders self groot maak toe was sy maar 24.·
- Toe sy later by ’n troue was het haar oudste kind haar sommer as “Vrou” aangespreek – nie ma of moeder nie. Meer nog: “Wat het ek met jou te doen?”.
- Toe sy ’n rukkie later met hierdie kind van haar wil gaan praat terwyl hy by sy vriende is, laat hy haar: “My vriende is nou my ma en boeties en sussies.”
- Toe haar kind die hoogtepunt van sy lewe bereik, laat weet hy haar dat een van sy vriende nou maar haar kind kan wees.
Eerste keer: Kry berig dat sy ’n seun gaan hê – nog nie getroud nie, waarskynlik 12, waarskynlik gereëlde huwelik → daarom wil Josef verlowing verbreek
Josef is waarskynlik 14 of 15 – die ouderdom waarop Joodse mans getrou het – TENSY hulle pa voor dit dood is, dan moes oudste seun na ma kyk
Daarom trou Jesus nie – sy pa is dood en Hy moet na sy ma kyk
Op 12 bly Jesus in die tempel agter – dit is my huis! ’n Ma se hart....
Lukas 2:48-49:
48 Toe sy ouers Hom sien, was hulle verslae, en sy moeder sê vir Hom: “Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het met angs na jou gesoek.” 49 Maar Hy antwoord hulle: “Waarom het u na My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die huis van my Vader moet wees nie?”
Eerste wonderwerk in Kana: Noem haar VROU....
Johannes 2:3-5: 3 En toe daar wyn kortkom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie. 4 Jesus sê vir haar: Vrou, wat het Ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie. 5 Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.
Markus 3:31-35: 31 Sy moeder en sy broers het toe gekom. Hulle het buite bly staan en ’n boodskap na Hom toe gestuur om Hom te roep. 32 ’n Menigte mense het rondom Hom gesit. Hulle sê toe vir Hom: “Kyk, u moeder en u broers en u susters daar buite soek U.” 33 Maar Hy sê vir hulle: “Wie is my moeder en my broers?” 34 Hy het die mense aangekyk wat in ’n kring om Hom sit en gesê: “Hier is my moeder en my broers! 35 Elkeen wat die wil van God doen, is my broer en my suster en my moeder.”
HARDE woorde: Wie is my ma? Dit was sy verantwoordelikheid! Tog: almal wat my woorde glo is my ma en broer en suster
MAAR Hy hou sy verantwoordelikheid – woorde aan die kruis:
Johannes 19:25-27: 25 By die kruis van Jesus het ook nog sy moeder en sy moeder se suster en Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdalena gestaan. 26 Toe Jesus sy moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief was, wat by haar staan, sê Hy vir haar: “Daar is u seun.” 27 Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem.
“Seun, daar is jou ma. Vrou, daar is jou seun.” Johannes neem nou Jesus se verantwoordelikheid as oudste seun oor. Hy sorg nou vir Maria tot haar dood in Efese.
Laaste keer: Handelinge 1:14 – sy is saam met die dissipels gefokus op gebed.
14 Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed saam met ’n aantal vroue, onder wie ook Maria die moeder van Jesus. Sy broers was ook by.
Boodskap:
1. Die lewe is nie bepland nie, maar is beheersd (Volg belangriker as weet)
Maria het nie ’n idee gehad van wat vir haar voorlê nie, maar sy was gewillig. As die Here weet wat Hy doen, hoef ek nie. Geloof gaan oor volg en nie oor verstaan nie. Dit gaan oor vashou en nie voorspel nie. Dit gaan oor luister en nie oor sien nie –roeping in plaas van visie.
2. Fisiese verhoudinge is belangrik – hou dit in stand (familie, vriende)
Hoe gaan dit met jou verhouding met jou ma? En pa? En boeties en sussies en kinders?
3. Geestelike verhoudinge is belangriker – in Jesus is dit nuut (broers, susters, ma’s, pa’s)
Hier rondom jou is jou ma en jou broers en jou susters. En jy is hulle s’n!
Wees nou ma’s vir mekaar!
Amen.