Wel, Jesus en sy dissipels vier Paasfees. Paasfees was die fees van OORWINNING vir die Jode. Dit herdenk die gebeure in Egipte toe die Here sy volk uit die slawerny in Egipte bevry het. Julle onthou mos die 10 plae en Moses en hoe die volk deur die woestyn getrek het tot hulle in hulle eie land, Israel kom kom. Paasfees vier dít!
- Beker van Heiligmaking – hier het almal hulle voorberei vir die maaltyd
- Beker van Vertelling – hier het hulle die verhaal van die verlossing vir mekaar vertel
- Beker van Danksegging (na die ete) – hier het hulle dankie gesê vir die kos en die verlossing
- Beker van Lofprysing – hier is die Here geloof met lofliedere
Die vraag vir ons vanaand is die volgende: Waarom vier Jesus Paasfees saam met sy dissipels? Waarom nie met sy gesin nie? As Paasfees by uitstek die fees van die gesin is, waarom vier Jesus dit saam met sy dissipels en nie saam met sy gesin nie?
è Hulle word nou sy gesin!
Matteus 12:48-50: “48 Maar Hy sê vir die man wat dit vir Hom gesê het: “Wie is my moeder, en wie is my broers?” 49 Toe wys Hy met sy hand na sy dissipels en sê: 50 “Daar is my moeder en my broers! Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, dié is my broer en my suster en my moeder.””
Jesus stel Nagmaal in en maak dit nog ryker as Pasga, nog ryker as Paasfees:
Nou is dit nie net MY gesin wat saam vier nie è nou is dit MY gesin en GOD se gesin wat saam vier! Nagmaal is God se nuwe gesin wat saameet! Nagmaal is Jesus se familie wat saamkom à dis hoekom ons nie Nagmaal by ons huise vier soos ons Paasfees sou gevier het nie – dit gaan nie meer om my gesin nie, maar Jesus se gesin, ons!
Dit is die wese van vanaand, Wit Donderdag! Vandag het baie verskillende name oor die wêreld. Die mees algemene name is Heilige Donderdag (‘Holy Thrusday’) en Maundy Thursday. Heilig ken ons – dit beteken ‘spesiaal afgesonder, spesiaal eenkant gesit’. Maar wie weet wat Maundy beteken?
Wel, dit kom van die Middel Engels en Ou Franse woord mandé af, wat weer van die Latyn mandatum afkom. (Party kan nou al raai, want ons ken die woord mandaat – wat opdrag beteken)
Dit kom uit Johannes 13:34, wat in Latyn so lees (dis op julle papiere afgedruk):
“Mandatum novum do vobis ut diligatis invicem sicut dilexi vos ut et vos diligatis invicem”
Opdrag nuwe gee Ek vir julle om mekaar lief te hê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar liefhê.
Of in goeie Afrikaans –
“Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.”
Mandatum beteken “gebod, opdrag, mandaat”!
“Maundy” Donderdag beteken Mandaat Donderdag, OPDRAGDONDERDAG!
Vanaand is die aand van die nuwe opdrag, die nuwe mandaat – ons moet mekaar liefhê soos Jesus ons liefhet. Daar is nou ’n nuwe gesin wat saam Paasfees vier. Dis nie meer net die Ou Testamentiese eie gesin wat ander liefhet soos ek myself het nie à dis nou die Nuwe Testamentiese gesin, Jesus en sy broers en suster wat vir mekaar lief is soos Jesus vir hulle is!
Paasfees vir Christene begin met die fees van die nuwe mandaat, die nuwe opdrag. Nou is ons aan mekaar gebind – mans, vroue en kinders, omdat ons aan Jesus gebind is.
Kom ons kyk hoe Jesus saam met sy dissipels Paasfees vier...
Lukas 22:14-20:
14Toe die tyd aangebreek het, het Jesus vir die ete aangesit* en die apostels saam met Hom. 15Hy sê toe vir hulle: “Ek het ernstig daarna uitgesien om hierdie paasete saam met julle te eet voordat Ek ly. 16Want Ek sê vir julle, Ek sal dit beslis nie weer eet voordat dit binne die koningsheerskappy van God sy volle vervulling gekry het nie.”
17Daarna het Jesus ’n beker geneem, ’n dankgebed uitgespreek en verder gesê: “Neem dit en deel dit onder mekaar. 18Want Ek sê vir julle, Ek sal beslis van nou af nie weer van die vrug van die druiwestok drink voordat die koningsheerskappy van God ten volle gekom het nie.”
Lukas 22:18
18Want Ek sê vir julle, Ek sal beslis van nou af nie weer van die vrug van die druiwestok drink voordat die koningsheerskappy van God ten volle gekom het nie.
Dis vreemd! Paasfees IS die fees van God se oorwinning! En tog sê Jesus dat Hy nie weer wyn of iets van die wingerdstok gaan drink voor die koninkryk gekom het nie... Die aangrypende is dat Jesus dit doen met die tweede beker van die Paasete. (Hoe weet ons? Julle sal nou sien...) Onthou julle nog wat die tweede beker beteken?
- Beker van Heiligmaking – hier het almal hulle voorberei vir die maaltyd
- Beker van Vertelling – hier het hulle die verhaal van die verlossing vir mekaar vertel
- Beker van Danksegging (na die ete) – hier het hulle dankie gesê vir die kos en die verlossing
- Beker van Lofprysing – hier is die Here geloof met lofliedere
Met die beker met vertelling verander Jesus Paasfees! Juis nou, nou wat hulle vir mekaar moet vertel van God se verlossing, van God se oorwinning, sê Jesus dat die oorwinning nog nie plaasgevind het nie... Dat dit nog sal kom EN DAT HY DEEL DAARVAN GAAN WEES!
Hoe moet ons dit verstaan?
Jesus verander die aard van hierdie Paasfees, die aard van die Donderdagaand. Want nou is die Paasete nie meer die ete van oorwinning nie, maar die ete van afwagting. Dis nie nou meer die fees van die oorwinning wat verby is nie, maar die oorwinning wat nog moet kom...
Wanneer gebeur dit? Wanneer kom die koninkryk van God ten volle? Of het dit dalk al gebeur? Wel, het Jesus al weer van die vrug van die wingerdstok gedink? Het Jesus weer wyn gedrink? ... Ons sal môre daaroor dink!
Kom ons lees verder...
19Jesus het ook brood geneem, ’n dankgebed uitgespreek, dit in stukke gebreek en vir hulle gegee terwyl Hy sê: “Dit is my liggaam wat ter wille van julle gegee word. Gebruik dit ter herinnering aan My.”
20Hy het dieselfde gedoen met die beker ná die ete en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, bevestig deur my bloed, wat ter wille van julle uitgegiet word.
Nou kom die ete en Jesus verander dit ook! Nou dink ons nie meer soos in die Paasete aan die Lam van Eksodus nie, nou dink ons met Nagmaal aan die Lam van Goeie Vrydag, aan Jesus! Nou word die beker van danksegging die beker waar ons vir Jesus dankie se vir wat Hy gedoen het. Daarom drink HY nie daarvan nie, want dit waarvoor ons moet dankie sê, moet nog gebeur – môre, Goeie Vrydag!!!
Nagmaal is nou die fees van Jesus se gesin, wat vertel wat Jesus gedoen het, wat Jesus onthou – en wat Jesus met mekaar deel. Kom ons doen dit nou, kom ons vier Nagmaal. Kom ons vier MANDAATDONDERDAG. Kom ons wees nou lief vir mekaar! En kom ons kom môre vir GOEIE VRYDAG....
Amen.