Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Wapadrant e-Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Maand-Krant
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Inry Erediens
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER UITREIKE
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Openbare Getuienis
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

Mense wat deel word van die kerk - Dr Wilhelm Leuschner

4/3/2013

 

Luister Preek

Laai teks af

20130303_mense_wat_deel_word_van_die_kerk.pdf
File Size: 162 kb
File Type: pdf
Download File

Laai audio af

20130303.mp3
File Size: 6379 kb
File Type: mp3
Download File

Picture

Hoeveel van julle is al langer as 5 jaar in Wapadrant?
  •  Ons hou mense.

Hoeveel van julle het vir Wapadrant gekies – was in ander kerk, kerke in die omgewing besoek en op WPR besluit?
  •  Ons kry gelowiges by.

Hoeveel was ongelowiges voor julle by WPR gekom het?
  • Ons is nie goed met ongelowiges nie.

Doop - manier waarop iemand deel word van die gemeenskap van gelowiges. Hoe sorg ons dat meer mense deel word van hierdie gemeenskap?-  2013 Fokusjaar: Getuig

Kom ons lees van een gemeente wat gesukkel het om ongelowiges deel van die gemeente te maak. Hulle het gelowiges gehad wat uit die Jodendom gekom het en toe probeer om mense wat nie Jode was nie, te bekeer. Toe hierdie mense deel wil word van die gemeente, veroorsaak dit spanning...

Handelinge 15:1-21:

Daar het mense van Judea af gekom en die gelowiges wysgemaak: “As julle nie die gebruik van Moses nakom deur julle te laat besny nie, kan julle nie gered word nie.” 2 Toe Paulus en Barnabas hulle daarteen verset en in ’n heftige meningsverskil met hulle betrokke geraak het, is daar besluit dat hulle twee en nog ’n paar ander van die gemeente na die apostels en ouderlinge in Jerusalem moet gaan in verband met hierdie vraagstuk. 3 Nadat die gemeente hulle van die nodige vir die reis voorsien het, het hulle deur Fenisië en Samaria gegaan en vertel van die bekering van die heidene. Hieroor was al die gelowiges baie bly. 4 Toe hulle in Jerusalem aankom, is hulle deur die gemeente, die apostels en die ouderlinge verwelkom. Hulle het vertel wat God alles deur hulle gedoen het, 5 maar party van die gelowiges wat vroeër Fariseërs was, het na vore gekom en gesê: “Die bekeerlinge moet besny word en aangesê word om die wet van Moses te onderhou.”

6 Die apostels en die ouderlinge het toe bymekaargekom om hierdie vraagstuk te bespreek. 7 Na ’n lang bespreking het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: “Broers, julle weet dat God my lankal uit julle geledere gekies het om die evangelie aan die heidennasies te verkondig sodat hulle kan glo. 8 En God, wat die harte ken, het dit bevestig deur die Heilige Gees aan hulle te gee net soos aan ons. 9 Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie: Hy het ook hulle harte deur die geloof gereinig. 10 Waarom wil julle dan nou God se geduld op die proef stel deur op die nek van die gelowiges uit die heidennasies ’n juk te lê wat ons voorvaders nie in staat was om te dra nie en ons ook nie? 11 Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word.” 12 Daarna het al die mense stilgebly en na Barnabas en Paulus geluister. Hulle het vertel van die tekens en wonders wat God deur hulle onder die heidennasies gedoen het. 13 Toe hulle klaar was, sê Jakobus: “Broers, luister na my! 14 Simon het verduidelik hoe dit God self is wat begin het om na die heidennasies om te sien deur vir Hom ’n volk uit hulle te versamel. 15 Die profete sê dieselfde. Daar staan geskrywe: 16 Daarna sal Ek terugkom, en Ek sal die vervalle huis van Dawid weer opbou, en Ek sal sy bouvalle herstel en dit weer regmaak, 17 sodat al die ander mense die Here kan soek, ja, al die heidennasies wat Ek geroep het om my eiendom te wees, sê die Here wat hierdie dinge doen. 18 “Dit is van ouds af bekend. 19 Daarom meen ek dat ons dit nie moeilik moet maak vir die heidene wat hulle tot God bekeer nie. 20 Maar ons moet vir hulle skrywe om nie vleis te eet wat aan ’n afgod geoffer is nie, want dit is onrein; dat hulle onsedelikheid moet vermy, geen dier wat verwurg is, moet eet nie, en ook nie bloed nie. 21 Hierdie voorskrifte van Moses word immers van ouds af in elke stad aan die mense voorgehou. Elke sabbatdag word dit in die sinagoges voorgelees.”


Handelinge 15:19-20:

Daarom meen ek dat ons dit nie moeilik moet maak vir die heidene wat hulle tot God bekeer nie. 20 Maar ons moet vir hulle skrywe om nie vleis te eet wat aan ’n afgod geoffer is nie, want dit is onrein; dat hulle onsedelikheid moet vermy, geen dier wat verwurg is, moet eet nie, en ook nie bloed nie.


Die vraag is of mense wat nie as Jode groot geword het nie en nou Christene wil word, die wette van Moses moet onderhou?

Die eis is dat die heidene die wet van Moses hou, o.a. besnydenis

Jakobus neem hulle terug tot by Noag, lank voor Moses – nie afgodery, nie vleis met bloed in, nie onsedelik nie.

è Nie iets doen wat die Jode gaan onstel nie

LOOK:

Waarom hierdie 3?

1.     Nie afgodery: Jy kan nie Jesus en ’n ander God dien nie – maak duidelik dat jy NET Jesus volg

2.     Nie vleis met bloed in: Moenie ander gelowiges laat struikel nie

3.     Nie onsedelik nie: Jou lewe moet wys dat jy ’n gelowige is

’n Ander manier van sê:

1.     Jy moet God liefhê bo alles

2.     Julle moet mekaar liefhê

3.     Julle geloof moet sigbaar word.

Is dit nie die eise wat God aan almal van ons stel nie?

Doen ek dit?

En waar maak ons dit vir ongelowiges moeilik om tot God te bekeer?

Watter wette verwag ons van hulle om na te kom?

·        Lyk soos ons?

·        Doen soos ons?

·        Praat soos ons?

Kerk werk so maklik met:

Behave  --------------  Believe ---------------------- Belong


Gedrag----------------Geloof ----------------------- Gemeenskap


Jesus werk met:

Belong ------------- Believe  ---------------------  Behave


Gemeenskap  -------------------    Geloof  --------------------   Gedrag



Het jy al ’n ongelowige kerk toe genooi? Ongelukkig is daar baie van ons wat moet NEE sê...

Dink ek dis belangrik om ongelowiges kerk toe te nooi? Ja! Is dit nie hoekom ons hier is nie?

Wil ek voor ek doodgaan dit doen? Ek wil, en ek hoop jy wil ook!

Wat van hierdie jaar? Wat van 2013, ons Leef en Vertel jaar?

Het ek God lief bo alles?

Het ek die ander lief soos Jesus hulle liefhet?

Is my geloof SIGBAAR?

En as ek ’n ongelowige saamnooi, maak ons dit maklik of moeilik?

As een van julle iemand gaan saamnooi, gaan ek dit vir daardie persoon maklik of moeilik maak?

Ons het vanoggend ’n paar kinders gedoop waardeur hulle ook deel van ons gemeente geword het. Mag die Here ons lei dat die doop van babas nie die mees algemene manier is waarop mense hier by die Here kom nie!

Amen.


Comments are closed.
    Picture

    Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
    ​
    Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder)
    Picture

    RSS Feed

    Tydperk

    March 2021
    February 2021
    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    March 2020
    February 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    August 2011
    July 2011

    Onderwerpe

    All
    Afgodery
    Afguns
    Afstand
    Bekommernis
    Belofte
    Blydskap
    Christus
    Deurkruis
    Dissipels
    Dissipelskap
    Doop
    Einde
    Erfenis
    Feeskos
    Gebed
    Geloof
    Genade
    Gesag
    Geskenke
    God
    God Se Stem
    Groeiefases
    Groot
    Hel
    Hemelvaart
    Jaco Kruger
    Jerusalem
    Jesus
    Jesus; Ly Vir Ons
    JOH 20:1-18
    Jubelsondag
    Jy Is Vry
    Kan Jy?
    Kerk
    Kersfees
    Kind
    Koringkorrel
    Krisis
    Labels
    Lag
    Lewenstaak
    Liefde
    Maria
    Ma-wees
    Moedersdag
    Moederskap
    Moeg
    Naam
    Onwelvoeglik
    Paasfees
    Palm
    Palmsondag
    Palm Sondag
    Peet Vermeulen
    Petrus Grove
    Pinkstersondag
    Prof Amie Van Wyk
    Reënboog
    Regte
    Restourasie
    Saad
    Sabbatsbrood
    Selfsug
    Seniors
    Sien Is Glo
    Simson
    Skoongewas
    Skuldbelydenis
    Sloet
    Sorg
    Spaar
    Sterf
    Sterk
    Sterk Bene
    Straatkafee
    Swak Bene
    Tafelmaniere
    Te Besig
    Te Laat
    Tempel
    Thinking Out Loud!
    Tuin Van Eden
    Verdienste
    Verheerlik God
    Verhoudings
    Verkiesing
    Verslawing
    Versoeking
    Vlees
    Vrou
    Vrugte Van Die Gees
    Vry
    Wandel
    W.A.T.
    Wat Drink Jy?
    Water
    Werd
    Werk
    Wetenskap
    Wilhelm
    Wilhelm Se Blog
    Winter
    Woede
    Woord


Photos used under Creative Commons from Neil Armstrong2, vancouverfilmschool, Evan Courtney, Ken Wilcox., hjjanisch, Parker Michael Knight, woodleywonderworks, Ari Helminen, Dougtone, radiant guy, yoga - photowork, Trilok Rangan, xmatt, Iza & Audrey Love !, Beverly & Pack, damo1977, Spencers Brook Farm, The ReflexMan, jamtea, Ryan Vaarsi, Vampire Bear, dpape, Justin A. Wilcox, marfis75, Niklas Hellerstedt, SHAREconference, Lori_NY, Allie_Caulfield, Andrew Michaels, onnola, GViciano, allspice1, tiltti, Parker Michael Knight, Pablodda, dededanabby, Capture Queen ™