Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
  • Oor Ons
    • Predikante
    • Personeel
    • Fasiliteite
  • Publikasies
    • GPS
    • Maand-Krant
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus
    • Geestelike Paaie
    • FOTO ALBUMS
  • Kaart / Map
  • Kontak Ons
  • Preke
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • NUUS BLAD
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE NPC >
        • Sunrise: SAPS Jobseeker support centre
        • Sunrise: Naskool en Leerder Ondersteuning
        • Sunrise: Ligprojek by Woodlane Village
        • Sunrise: SAPS Trauma Sentrum
      • BURUNDI MISSION
      • KRUIK >
        • Nuus - Kruis Kulturele Bediening ( KRUIK )
      • TOPIA
      • ANDER >
        • Neem en Deel Projek
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
    • Nuwe Bedieninge (Nog in beplanning)
  • Meer...
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Op die Kerkraad tafel
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Wapadrant Nuus
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek
    • Wapadrant Praat Saam

Moenie bang wees om jou geloof te bely en te leef nie!

10/3/2013

 
Picture
Dr Peet Vermeulen - STRAATKAFEE PREEK  (audio nie beskikbaar nie)

Besprekingsvraag:

1.      Hoekom praat ons nie graag met mense oor wat Jesus Christus in ons lewe doen en beteken nie?

Een van die redes hoekom ons nie graag met mense praat oor wat Jesus Christus in ons lewens doen en beteken nie, is vrees.

Ons is bang vir mense…

Bang oor wat gaan hulle
            * vir ons en van ons sê
            * wat gaan hulle van ons dink?
            * wat gaan hulle dalk aan ons doen?

Dit is gevaarlik om jou geloof te bely en uit te leef.
So was dit van die eerste moment
            nadat Jesus sy dissipels die wêreld in gestuur het.

Hy het die dissipels gewaarsku dat daar weerstand, bespotting
            verwerping, beskindering, ongasvryheid op hul pad voorlê
            Meeste van hulle is vervolg, gemartel en doodgemaak…

Elke dag van jou lewe moet jy keuses uitoefen
waar jy jou geloof of bely of verloën…

Jy kies vir die waarheid of daarteen
            vir die Here of teen die Here

Kom ons wees eerlik:

Dikwels volg ‘n mens die pad van die minste weerstand
            deur stil te bly
             of nie ‘n keuse te maak nie
om nie aan die mens om jou aanstoot te gee nie…

So neem jy geloof “ondergronds”
tot op ‘n punt waar mense nie meer kan agterkom waar jy staan nie.
Hulle kan nie meer sien dat jy ‘n Christen is nie
want jy lyk net soos die wêreldmens…

So speel jy verkleurmannetjie, is jy ‘n manteldraaier
- vir jou selfbehoud…

Baie mense is onder die wan indruk: dit is reg om jou geloof so te beoefen.
            Jesus het dan beveel dat jy in jou binnekamer moet bid,
            daar waar niemand jou kan sien nie…
            Jy moet jou afsonder”…

Dit gevolgtrekking is nie waar nie.
Dit is nie wat Jesus met daardie woorde bedoel het nie.

Dit is kontra Jesus se opdrag en werksmetode…
Jy moet praat, vertel, getuig

Jesus sê: As julle swyg sal die klippe dit uitroep!

Wat ‘n aanklag sal dit nie eendag wees nie?

Die Duitse teoloog Bonhoefer het tydens die 2de wêreld oorlog teen die waardes en metodes van die Nazi bewind gepreek.  Daarmee het hy sy lewe op die spel geplaas.  Hy het ‘n aanbod ontvang om as teologiese professor na die VSA te emigreer maar het dit van die hand gewys.  Hy het gevoel God het hom geroep om in Duitsland te werk.  Hy het gesê:

Wie mense vrees, vrees nie meer vir God nie;
wie God vrees, vrees nie meer mense nie.


Hy het die hoogste prys betaal…

Jesus gee perspektief op die saak:

Matt 10: 29 "Moenie bang wees vir hulle wat julle wil doodmaak nie. Hulle kan net julle liggame doodmaak; aan jul­le innerlike* kan hulle nie raak nie. Wees veel eerder bang vir Hom wat julle, liggaam en siel, in die hel kan vernietig."

Moet nie dat jou vrees vir mense of hulle weerstand teen die waarheid
jou gedrag bepaal nie.

Laat jou geloof, jou belydenis vir jou die koers aandui,…

Iemand het graffiti teen ‘n muur aangebring

God is dood
           
Nietzsche

‘n Ander het daarby gevoeg:

Nietzsche is dood
                                   
God

Mense kan God nie doodmaak nie…
Hulle kan Christus nie doodmaak nie…

Moet nie dat vrees en bangheid jou lewe oorneem nie.
Dit speel in die hand van Satan.
Dit beheer later jou hele lewe…

Bly by dit wat die Jesus jou leer:

Matt 10:27 "Wat Ek vir julle vertroulik sê, vertel dit vir almal. En wat in julle ore gefluis­ter word, basuin dit oor die dakke uit. (Vers 27)(NLV)"

Gaan verkondig…
Praat…
Maak geen geheim meer daarvan nie.

Dit moet uit.
Al bring dit jou in gevaarsones…

Daar word vertel van Luther wat in Worms voor die Keurvors sy geloof moes gaan verdedig..  Die gelowiges het hom afgeraai omdat dit vir hom lewensgevaar ingehou het.

Sy antwoord aan hulle was:

            Al is daar soveel duiwels soos teëls op die huise se dakke
            sal hy steeds gaan.


Die tyd het aangebreek dat ware gelowige vanaf die dakke van hul lewens
sal uitroep: Jesus is die Here!  My Here!

Sonder vrees  vir mense…

Het jy al mooi na Jesus se werkswyse gekyk?

Johannes 17:18 sê

Net soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur. (NLV)

Het u die woordjie “net soos” raak gehoor/gesien?

Jesus se opdrag aan sy dissipels,
eggo sy eie opdrag.

Het Jesus ‘n plan, ‘n strategie gehad?
hoe die evangelie in opdrag van God moes versprei?

Die antwoord is gedeeltelik in Markus 3:14. 
Die vertaling deur Eugene Peterson lui as volg:

The plan was that [the dissipels] would be with him, and he would send them out to proclaim the Word and give them authority to banish demons.

Ja, Jesus het ‘n plan van aksie gehad.
Dit het uit twee dele bestaan.

1.     Die dissipels gaan met Hom wees (to be with Him)

2.     Hy gaan hulle uitstuur (he would send them out).

Nêrens lees jy dat Jesus dink goeie dissipels is

·       Mense wat net elke Sondag in kerkbanke sit, aandagtig luister en dalk notas maak…

·       Hy het nie meeste van sy tyd gespandeer om hulle te leer om goeie toesprake of bekeringspraatjies aan te leer nie

·       Hulle het nie planne beraam om skares byeen te lok om na Jesus se prediking te luister nie.

Nee, Jesus se plan van aksie was om die paar dissipels se lewens betrokke te raak sodat

·       Hulle deel kon word van sy lewe

·       Kon leer hoe Hy leef

·       Kon leer wat Hom dryf in die lewe

·       En om hul lewens met Hom te deel

Dit gaan nie net om die “wat” en “hoe” nie…
Jesus is meer…

·       Hy het nie net die waarheid aan hulle geleer nie – Hy is die waarheid

·       Hy het nie net aan hulle die pad gewys nie – Hy is die pad

·       Hy het nie net aan hulle gedemonstreer wat die lewe kan wees nie – Hy is die lewe…

En wanneer Hy deel van hulle geword het, en hulle uit hom begin leef het,
dan het Hy hulle uitgestuur.

Om te praat, om te leef, om te vertel wat Jesus gedoen het.

Die hoofkarakter in die film Gladiator verkondig ‘n groot waarheid
wanneer hy herhalend sê
            Everything you do – echo’s on in eternity

Wanneer jy as gelowige jou geloof hier op aarde bely, leef, uitbasuin
veroorsaak jy aktiviteit in die hemel

32) “As julle My openlik erken voor die mense, sal Ek julle ook openlik erken voor my hemelse Vader. 33Maar as julle My ontken voor die mense, sal Ek julle ook ontken voor my hemelse Vader.  (Mat 10 NLV)

Jou getuienis op aarde  eggo dus in die hemel wanneer Jesus jou naam voor die Vader  bely.

Moenie bang wees vir wat mense van jou gaan sê
of selfs in vervolging aan jou gaan of kan doen nie.
Aan jou siel kan hulle niks doen nie.

Jou siel, jou diepste identiteit is jou bestaan vir ewig.
Al gaan hulle sover as om jou liggaam dood te maak
            gaan dit eendag weer in ‘n verheerlikte vorm met jou siel verenig word.

Daar is niks om voor bang te wees nie.
Neem jou dissipelskap by Jesus ernstig op
Volg Hom, Dien Hom, verkondig HOm

Amen


Comments are closed.
    Picture

    Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
    ​
    Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder)
    Picture

    RSS Feed

    Tydperk

    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    August 2011
    July 2011

    Onderwerpe

    All
    Afgodery
    Afguns
    Afstand
    Bekommernis
    Belofte
    Blydskap
    Christus
    Deurkruis
    Dissipels
    Dissipelskap
    Doop
    Einde
    Erfenis
    Feeskos
    Gebed
    Geloof
    Genade
    Gesag
    Geskenke
    God
    God Se Stem
    Groeiefases
    Groot
    Hel
    Hemelvaart
    Jaco Kruger
    Jerusalem
    Jesus
    Jesus; Ly Vir Ons
    JOH 20:1-18
    Jubelsondag
    Jy Is Vry
    Kan Jy?
    Kerk
    Kersfees
    Kind
    Koringkorrel
    Krisis
    Labels
    Lag
    Lewenstaak
    Liefde
    Maria
    Ma-wees
    Moedersdag
    Moederskap
    Moeg
    Naam
    Onwelvoeglik
    Paasfees
    Palm
    Palmsondag
    Palm Sondag
    Peet Vermeulen
    Petrus Grove
    Pinkstersondag
    Prof Amie Van Wyk
    Reënboog
    Regte
    Restourasie
    Saad
    Sabbatsbrood
    Selfsug
    Seniors
    Sien Is Glo
    Simson
    Skoongewas
    Skuldbelydenis
    Sloet
    Sorg
    Spaar
    Sterf
    Sterk
    Sterk Bene
    Straatkafee
    Swak Bene
    Tafelmaniere
    Te Besig
    Te Laat
    Tempel
    Thinking Out Loud!
    Tuin Van Eden
    Verdienste
    Verheerlik God
    Verhoudings
    Verkiesing
    Verslawing
    Versoeking
    Vlees
    Vrou
    Vrugte Van Die Gees
    Vry
    Wandel
    W.A.T.
    Wat Drink Jy?
    Water
    Werd
    Werk
    Wetenskap
    Wilhelm
    Wilhelm Se Blog
    Winter
    Woede
    Woord


Photos used under Creative Commons from Neil Armstrong2, vancouverfilmschool, Evan Courtney, Ken Wilcox., hjjanisch, Parker Michael Knight, woodleywonderworks, Ari Helminen, Dougtone, radiant guy, yoga - photowork, Trilok Rangan, xmatt, Iza & Audrey Love !, Beverly & Pack, damo1977, Spencers Brook Farm, The ReflexMan, jamtea, Ryan Vaarsi, Vampire Bear, dpape, Justin A. Wilcox, marfis75, Niklas Hellerstedt, SHAREconference, Lori_NY, Allie_Caulfield, Andrew Michaels, onnola, GViciano, allspice1, tiltti, Parker Michael Knight, Pablodda, dededanabby, Capture Queen ™