![]()
| |
Baiekeer kan iemand se uiterlike voorkoms vir jou ʼn aanduiding gee van hoe dit aan die binnekant met hom of haar gaan. Gestel iemand gaan deur ʼn groot persoonlike krisis, dan is dit soms mos nogal moontlik om dit raak te sien in die swart kringe om sy oë, in ʼn vel wat soos grys papier lyk, in ʼn baard wat nie geskeer is nie, in klere wat al ʼn paar dae gedra is...
En weereens, dis natuurlik nie altyd so nie – partykeer is dit deesdae mos juis mode om ʼn stoppelbaard te dra en jou hemp te laat uithang! Maar tog, ek dink ʼn mens sal die verskil kan raaksien, en ons almal weet waarvan ek praat. Hoe jou liggaam versorg is, is nogal iets van ʼn aanduiding van hoe dit aan die binnekant van jou lewe gaan.