
brose_kleipot_2kor4v7-15_181015.docx |
Waar bêre jy jou waardevolle besittings?
Iets waarvan jou lewe afhang?
Sekerlik op die veiligste plek wat jy kan kry!
Die misdaad en diefstal wat deel is van ons wêreld vandag, veroorsaak dat ‘n kluis net so ‘n alledaagse ding in ons huise geword het soos ‘n yskas. As jy nie ‘n kluis het nie, is jou kosbare besittings nie veilig nie. Dan kan jy groot skade ly. Dit is eenvoudig ‘n kans wat ‘n mens nie kan vat nie!