
psalm_56__om_na_god_toe_te_draai.docx |
Om na God toe te draai
1. Weet jy wat in jou binnekant aangaan?
Baie lank gelede het die Griekse filosoof Plato ‘n dialoog geskryf met die naam van “Die Phaedrus”. In hierdie dialoog vertel Sokrates onder andere vir die jong Phaedrus ‘n fabel of storie om hom te verduidelik hoe ‘n mens se siel werk. Nou kom ons sê die woord “siel” is ‘n ander woord vir ‘n mens se binnewêreld – alles wat hier binnekant aangaan. So Sokrates vertel vir Phaedrus ‘n storie om hom sy eie binnewêreld beter te laat verstaan.