Is hierdie ʼn blom? (wys prentjie van ʼn blom op die dataprojektor.)
Kan jy daaraan vat? Kan jy daaraan ruik en die geur herken? Kan ʼn by kom nektar haal en die blom bestuif? Die antwoord is natuurlik nee, nee en nee!
Want hierdie is nie ʼn blom nie, dit is ʼn prentjie van ʼn blom. Dit laat jou aan ʼn blom dink, ja; jy sien iets daarvan, maar dit is nog nie ʼn blom nie. Dit is nog nie die regte ding nie en dit sal ook nooit die regte ding wees nie. Dink bietjie daaroor: sal jy ooit op Valentynsdag ʼn prentjie van ʼn blom uitknip en dit vir jou geliefde gee? Wel, jy kan seker, maar dan gaan sy dalk ʼn prentjie van ʼn lekker bord kos uitknip en dit vir jou gee!