Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Openbare Getuienis
    • Wapadrant Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Inry Erediens
    • Maand-Krant
    • GPS 2020
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO >
        • Sunrise: Naskool en Leerder Ondersteuning
        • Sunrise: SAPS Trauma Sentrum
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

OPSTANDINGSONDAG - DIE BEGIN VAN DIE KERK           Dr Wilhelm Leuschner

31/3/2013

 

Luister preek

Laai preek teks af

13-03-31_opstandingsondag.pdf
File Size: 113 kb
File Type: pdf
Download File

Laai audio af

20130331.mp3
File Size: 4755 kb
File Type: mp3
Download File

Picture
As die oorwinning op GOEIE Vrydag aangebreek het, waarom hou ons erediens op ’n Sondag en nie op ’n Vrydag nie? Waarom hou ons eredienste op die dag van die opstanding en nie op die dag van die kruisiging nie?

Wel, kom ons gaan kyk wat op die Sondag gebeur het... Daar is 3 dinge wat daardie Sondag na die kruisiging gebeur het wat vir ons vandag belangrik is...


1.
Die eerste is dat ons weet dat Jesus daardie Sondag weer lewendig geword het, dat Hy uit die dood opgestaan het. Maar wat nog? Wat het nog op daardie Sondag gebeur?
Kom ons lees van die tweede belangrike ding wat gebeur het...

2.
Lukas 24:13-34:
13En kyk, op dieselfde dag was twee uit hulle geledere op pad na ’n dorpie met die naam Emmaus, elf kilometer* vanaf Jerusalem. 14Hulle was druk in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat gebeur het. 15Terwyl hulle nog so loop en gesels en dinge probeer ontrafel, het Jesus self nadergekom en saam met hulle verder geloop. 16Hulle oë is egter verhinder om Jesus te herken.

17Hy sê toe vir hulle: “Oor watter sake loop julle só ernstig en redeneer?”

Met droewige gesigte het hulle gaan stilstaan. 18Een van hulle wat Kleopas genoem word, antwoord Jesus toe: “U is seker die enigste buitelander in Jerusalem wat nie kennis dra van al die dinge wat gedurende hierdie dae in die stad gebeur het nie.”

19Jesus reageer en vra hulle: “Watter dinge?”

Hulle antwoord Hom: “Dié dinge wat gaan oor Jesus van Nasaret. Hy was ’n profeet, kragtig in woord en daad voor God en die hele volk – 20hoe die leierpriesters en ons volksleiers Hom uitgelewer het om tot die dood veroordeel te word en Hom gekruisig het. 21Ons het bly hoop dat dit Hy is wat Israel gaan verlos. Maar dit is ook al vandag die derde dag vandat al hierdie dinge gebeur het.

22Sommige vroue uit ons geledere het ons nog boonop heeltemal verwar. Hulle was vanoggend baie vroeg by die graf, 23maar kon nie sy liggaam daar kry nie. Hulle het kom berig dat hulle ’n visioen van engele gesien het wat gesê het dat Hy lewe. 24Sommige van ons het na die graf toe gegaan en dit net so aangetref soos die vroue vertel het.”

25Toe sê Jesus vir hulle: “O, hoe sonder begrip en traag van hart is julle om alles wat die profete gesê het, te glo! 26Moes die Messias nie hierdie dinge ly om sy heerlikheid in te gaan nie?” 27Hierna het Jesus begin om vanaf Moses en al die profete al die Skrifgedeeltes wat oor Hom handel, vir hulle te interpreteer.

28Toe hulle naderkom aan die dorpie waarheen hulle op pad was, het Jesus self voorgegee dat Hy verder wil reis. 29Maar hulle het by Hom aangedring: “Bly by ons oor. Die son trek al water en die dag is verby.” Toe het Jesus by hulle ingedraai om saam met hulle oor te bly. 30Terwyl hulle saam met Hom aan tafel was, het Jesus brood geneem, gedank, dit gebreek en aan hulle gegee. 31Toe het hulle oë oopgegaan en hulle het Hom herken. Daarop het Jesus net verdwyn.

32Hulle sê toe vir mekaar: “Was ons harte nie vuur en vlam in ons toe Hy met ons op pad gepraat en die Skrif vir ons geïnterpreteer het nie?” 33Hulle het daar en dan opgestaan en na Jerusalem toe teruggegaan en die elf aangetref en die ander saam met hulle, 34wat die nuus vertel: “Die Here is regtig opgewek, en Hy het aan Simon verskyn!”


Lukas 24:32-34

32Hulle sê toe vir mekaar: “Was ons harte nie vuur en vlam in ons toe Hy met ons op pad gepraat en die Skrif vir ons geïnterpreteer het nie?” 33Hulle het daar en dan opgestaan en na Jerusalem toe teruggegaan en die elf aangetref en die ander saam met hulle, 34wat die nuus vertel: “Die Here is regtig opgewek, en Hy het aan Simon verskyn!”


Dit is Sondag. Vrydag is Jesus gekruisig, Vrydag het die oorwinning plaasgevind, Vrydag het verlossing aangebreek. Nou is dit Sondag. Jesus het opgestaan! Hy lewe! En wat doen Hy?

1.     Hy gaan stap saam met sy dissipels!

2.     Hy vertel hulle wie Hy is.

3.     Hy inspireer hulle om op te staan en vir ander te gaan vertel.

Wat doen Jesus? Hy begin die kerk!

Want wat is die kerk?

Die kerk is mense wat saam met Jesus lewe, wat leer wie Hy is en wat die nuus vertel: Die Here lewe!

Die kerk is mense wie se harte warm is, wat opstaan vir Jesus en vertel: Hy lewe!

Dit wat Jesus daardie opstandingsondag gedoen het, doen Hy vandag nog:

1.     Jesus stap saam met sy dissipels.

2.     Hy vertel ons wie Hy is.

3.     Hy inspireer ons om op te staan en vir ander te gaan vertel.

Dis hoekom ons erediens hou op ’n Sondag! Want Sondag is die geboorte van die kerk! Elke Sondag vier ons ons geboortedag!


Dis hoekom ons aan die begin vir mekaar vertel het wanneer ons verjaarsdag en ons troudag is. Want ’n verjaarsdag en ’n troudag vertel van ’n begin. Voor dit het daar baie dinge gebeur om dit moontlik te maak en baie mense moes baie dinge doen om dit moontlik te maak, maar op my geboortedag en op my troudag het my verantwoordelikheid, my lewe begin.

Op Goeie Vrydag het Jesus die oorwinning behaal. Op Opstandingsondag het Hy geboorte gegee aan sy kerk, aan ons. Op Goeie Vrydag beleef Jesus God se koninkryk en oorwinning, op Sondag gaan dit oor op die gelowiges, op die kerk. Op Sondag begin Jesus die pad loop saam met sy dissipels en word sy dissipels diegene wat God se koninkryk die wêreld in dra.

Sondag is die eerste dag, die eerste dag van die kerk, die eerste dag van die week, die eerste dag waarop my en jou verantwoordelikheid begin.

Ons is soos hierdie bottel wyn. Daar het BAIE werk ingegaan voor die oes – die wingerdstokke is geplant en natgegooi en bemes en laat groei.

Maar toe is dit geoes. En dis die datum wat op die bottel staan. Nou moet die wyn gedrink word, nou moet die wyn by die mense kom wat dit moet kry.

Ek en jy is die wynbottels, wat op die eerste dag, die Sondag gevul word, sodat ons die wyn van Jesus vir mense kan bring.

3.


Wel, wat is die derde belangrike ding wat daardie Sondag gebeur het? Luister na Johannes 20:19-21:

19 Daardie Sondagaand was die dissipels bymekaar. Alhoewel die deure gesluit was omdat hulle bang was vir die Jode, het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” 20 Nadat Hy dit gesê het, wys Hy sy hande en sy sy vir hulle. Die dissipels was baie bly toe hulle die Here sien. 21 “Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”


As Jesus oorwin het voor sy dood, waarom het Hy doodgegaan? Om te bewys dat Hy die dood oorwin het, om aan ons, sy kerk te bewys dat die sonde oorwin is, dat die dood oorwin is, dat wat Hy gesê het werklik gebeur het! Hoe weet ons Jesus het die dood oorwin? Hyself! Sy hande, sy sy.

Hoekom is Sondag so belangrik vir ons? Want Sondag doen Jesus 2 dinge:

1.     Hy BEWYS dat Hy oorwin het, BEWYS dat God se koningheerskappy gekom het

2.     Hy BEGIN sy kerk. Sy dissipel kry die Heilige Gees en begin ’n nuwe lewe, ’n lewe waar ons saam met Jesus stap, deur Hom geïnspireer word, opstaan en vir ander vertel: Jesus leef!

Sondag is ons geboortedag, dis ons verjaarsdag! Op Vrydag het Jesus gewen; op Sondag het Jesus dit BEWYS en die kerk BEGIN!

Goeie Vrydag is verby, daarom kan daar Sondag wees.

Sondag is nou, daarom is daar hoop vir die wêreld.

Want die kerk dra die hoop, die kerk dra Jesus.

“Let’s GO!”

Amen


Comments are closed.
    Picture

    Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
    ​
    Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder)
    Picture

    RSS Feed

    Tydperk

    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    March 2020
    February 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    August 2011
    July 2011

    Onderwerpe

    All
    Afgodery
    Afguns
    Afstand
    Bekommernis
    Belofte
    Blydskap
    Christus
    Deurkruis
    Dissipels
    Dissipelskap
    Doop
    Einde
    Erfenis
    Feeskos
    Gebed
    Geloof
    Genade
    Gesag
    Geskenke
    God
    God Se Stem
    Groeiefases
    Groot
    Hel
    Hemelvaart
    Jaco Kruger
    Jerusalem
    Jesus
    Jesus; Ly Vir Ons
    JOH 20:1-18
    Jubelsondag
    Jy Is Vry
    Kan Jy?
    Kerk
    Kersfees
    Kind
    Koringkorrel
    Krisis
    Labels
    Lag
    Lewenstaak
    Liefde
    Maria
    Ma-wees
    Moedersdag
    Moederskap
    Moeg
    Naam
    Onwelvoeglik
    Paasfees
    Palm
    Palmsondag
    Palm Sondag
    Peet Vermeulen
    Petrus Grove
    Pinkstersondag
    Prof Amie Van Wyk
    Reënboog
    Regte
    Restourasie
    Saad
    Sabbatsbrood
    Selfsug
    Seniors
    Sien Is Glo
    Simson
    Skoongewas
    Skuldbelydenis
    Sloet
    Sorg
    Spaar
    Sterf
    Sterk
    Sterk Bene
    Straatkafee
    Swak Bene
    Tafelmaniere
    Te Besig
    Te Laat
    Tempel
    Thinking Out Loud!
    Tuin Van Eden
    Verdienste
    Verheerlik God
    Verhoudings
    Verkiesing
    Verslawing
    Versoeking
    Vlees
    Vrou
    Vrugte Van Die Gees
    Vry
    Wandel
    W.A.T.
    Wat Drink Jy?
    Water
    Werd
    Werk
    Wetenskap
    Wilhelm
    Wilhelm Se Blog
    Winter
    Woede
    Woord


Photos used under Creative Commons from Neil Armstrong2, vancouverfilmschool, Evan Courtney, Ken Wilcox., hjjanisch, Parker Michael Knight, woodleywonderworks, Ari Helminen, Dougtone, radiant guy, yoga - photowork, Trilok Rangan, xmatt, Iza & Audrey Love !, Beverly & Pack, damo1977, Spencers Brook Farm, The ReflexMan, jamtea, Ryan Vaarsi, Vampire Bear, dpape, Justin A. Wilcox, marfis75, Niklas Hellerstedt, SHAREconference, Lori_NY, Allie_Caulfield, Andrew Michaels, onnola, GViciano, allspice1, tiltti, Parker Michael Knight, Pablodda, dededanabby, Capture Queen ™