Luister Preek | Laai Preek Af |

god_se_kind_efesiers1v5_010215.docx |
Die hartseer van ‘n kinderhuis
‘n Kinderhuis (of weeshuis) is ‘n plek vol kinders. Nou: waar kinders is, is dit gewoonlik vrolik en besig.
Maar in ‘n kinderhuis is dit anders. Ja, ‘n mens hoor ook ‘n gelag, hulle speel ook rond, maar dit is net ... anders. Daar is die heeltyd ‘n ondertoon van hartseer, swaarkry en ontreddering. Want hierdie kinders is sonder ouers, sonder ouerhuise. Hulle is nie deel van ‘n regte gesin nie. Eintlik is hulle weggooi kinders. Party is buite-egtelik gebore, ongewens, onbepland, ‘n “ongeluk.” Party se ouers is dood. Party s’n kan nie of wil nie ordentlik vir hulle sorg nie.