
psalm_30v1-13.docx |
Wanneer ons nagmaal vier, maak die Here telkens sy beloftes aan ons vas. Hy verseker ons dat sy beloftes van verlossing en vergifnis regtig waar is. Vir ons wat dikwels tog so moeilik glo, wys Hy met elke nagmaal deur die sigbare en tasbare tekens van brood en wyn dat ons vir seker ook ingesluit is in die wonderbaarlike verbond wat Hy met al sy kinders gesluit het. So weet ons telkens weer vas en seker: ons is nie soos iemand in die dodesel – op pad na die ewige verdoemenis nie! Ons is vrygespreek – op pad na die ewige, heerlike lewe saam met Hom! Ons is uitgenooi na die bruilofsmaal van die Lam en ken met groot opgewondenheid en verwagting uitsien na die dag wat dit finaal aanbreek!