Luister die preek
|
Laai klankbaan af (mp3)
|
SOOS DIE REUK VAN PARFUUM
1. Die ding van ʼn reuk
Die ding van ʼn reuk is, as dit eers uit is kan jy dit nie keer nie. Het jy al probeer om ʼn reuk te keer? Dis baie moeilik nè – eintlik amper onmoontlik. Sê nou maar jy het ʼn botteltjie parfuum oopgemaak, of net een spuit van die botteltjie in die kamer gegee. Maar ewe skielik voel jy skaam daaroor, en jy wil nie hê iemand anders moet weet jy het van die parfuum gespuit nie. Wat gaan jy doen? Jy kan tog nie die reuk met jou hande skep, of terugwaai na die flessie toe nie! Dis onmoontlik; daardie reuk is uit.
Die wetenskaplikes sal ʼn mooi verduideliking kan gee van hoe die molekules parfuum beweeg tussen die lugmolekules in. En ʼn mens se reuksintuig is so fyn, nè – baie fyner as proe; dit kan een deeltjie parfuum tussen ʼn miljoen lugdeeltjies optel.

johannes_12_-_soos_die_reuk_van_parfuum.docx |