Jesus sê vir Nikodemus: “Dit verseker ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie.” Maar wat sê Jesus hier? Wat beteken dit om uit water gebore te word? Vandag sal ons dalk eerder verstaan wat dit beteken om ín water gebore te word, want die hele idee van om in water geboorte te skenk is klaarblyklik by party mense nogal gewild vandag. Maar dis natuurlik nie wat Jesus hier bedoel nie.