Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Openbare Getuienis
    • Wapadrant Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Inry Erediens
    • Maand-Krant
    • GPS 2020
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO >
        • Sunrise: Naskool en Leerder Ondersteuning
        • Sunrise: SAPS Trauma Sentrum
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

Verslawing is afgodery - Dr Peet Vermeulen

10/2/2013

 

Luister preek

Laai teks af

20130210_verslawing_is_afgodery.docx
File Size: 25 kb
File Type: docx
Download File

Laai audio af

20130210.mp3
File Size: 5208 kb
File Type: mp3
Download File

Picture
Skriflesing: Gal 5:13-26
Verslawing is afgodery
Teks: Eksodus 20:3 & 1 Kor 6:12  Sondag 34 HKV

*Uitnodiging: Dalk is daar vanoggend besoekers hier, wat nie seker is van hul geloof, of wat nog nie in God glo nie.  Kom luister saam.  Ek veroordeel jou nie.  Pas net die praktiese beginsels in jou lewe toe en dit gaan vir jou groot waarde hê. Welkom hier in die erediens*

Besprekingsvraag: Praat met mekaar oor: Gal 5:16

Preek
Einde verlede jaar het predikante van Wapadrant en NG ring van die omgewing saam ontbyt geëet.  Die gaspreker by die geleentheid was Kaptein Hennie Steenkamp van die Garsfontein polisie stasie.   Die vraag is aan die polisie gevra: Wat is die probleme waarmee hulle te kampe het en is daar enige iets waarmee ons as kerke hulle kan bystaan?

Kaptein Steenkamp het geantwoord dat die grootste enkele groeiende probleem in die ooste van Pretoria: die toename in dwelms.

Statistiek in Dwelmverwante misdaad:

Jaar

2004/5

2005/6

2006/7

2007/8

2008/9

2009/10

2010/11

2011/12

Gauteng

10 772

14 202

12 582

12 742

13 574

14 729

16 457

25 949

Merk op die sprong van 2010/11 na 2011/12 jaar.

Dinsdag middag vertel Kaptein Steenkamp dat hulle onlangs nie minder as 5 huise (in Ooste van Pretoria) toegemaak het.  Dit is dwelmhandelaars wat huise huur in sekuriteitskomplekse en hul dwelms daarvandaan versprei.  Dit gaan dan gewoonlik gepaard met prostitusie en ander misdaad.

Beeld het in 2004 (17/6 en 23/6) al berig – Dwelmkrisis op skool blootgelê

·       Van 2000 leerlinge wat aan studie deelgeneem het, het 80% al met ‘n dwelm geëksprimenteer

·       Van dié 80% is 30% volkome verslaaf aan ‘n dwelmmiddel (rook, drank, dwelms)

·       Dagga is goedkoopste en mees algemeen beskikbaar

·       Heroïn is dodelikste

·       Van die 80% gebruik 95% van kinders dwelms, veral naweke op huispartydjies of in nagklubs

·       70% van die 80% drink per geleentheid

·       40% van hulle drink gereëld alkohol

·       Jongste kind positief vir heroin getoets 8 jaar

·       Verslawing is verskriklik, kinders verander in monsters

·       Dwelms word gesny (gemeng met enige iets van suiker tot swembadsuur.  Sommige van die middels is skadeliker as die dwelm self)

·       Dwelmhandelaar is gewoonlik nie dwelmgebruikers nie.

Tik, Ecstasy is die dwelms wat naas dagga meeste in ons land gebruik word.

Verlede week het die SA Mediese navorsingsraad aangekondig dat die onwettige gebruik van stimulante soos Crack, Cocaine, Khat en Tik aan die toeneem is in Suid Afrika.

Khat is soos dagga, dit is ‘n deurgaan na ander dwelms. 

Dit is nie al nie. Praat jy met aptekers, hoor jy van hoeveel mense wat verslaaf is aan hoes medikasie, pynstillers, regmakers, wakkerbly pille, verkoue medisyne.  Hulle is verslaaf aan Kodeine of Efedrien.    Hulle vermy die kleiner apteke want daar word hulle opgemerk.

Waarom gebruik mense dwelms?

·       Werkomstandighede – waar mense lang ure werk en moet wakker bly word KHAT ingespan

·       Groepsdruk – wil “in wees” “One night when I went out to a party with some friends, we decided to take coke and some other streetdrugs that were out on the table as well.  I snorted, and I snorted till I couldn’t even think any more” (Xstreme” letter to parents 6/2/13)

·       “Cope”  Emosionele stress, pyn laat hul gryp na dwelmmiddels

·       Verveeldheid

Wat gebeur wanneer jy dwelms gebruik?

Dit is ‘n bom – wat iewers gaan ontplof

Dit mag aanvanklik vir jou na ‘n speletjie lyk
maar jy raak verslaaf daaraan en dit neem beheer van jou.

Jou liggaamskragte word so gefokus op die vergiftiging
wat daar in jou liggaam plaasvind,
want jou liggaam probeer dit teewerk
          dat daar nie tyd of krag is vir ‘n nomaal gebalanseerde lewe nie.

Uiteindelik lei dit tot die totale ondermyning
                              van jou verhouding met God!

Want jy ruil God in
          en stel vir jou ‘n nuwe god aan….

‘n Dooie god wat genadeloos regeer
wat jou uitmergel,
jou liggaamlik en geestelik vergiftig… (dalk aanhaling van nosebleeding)

Hierdié god veroorsaak oproer in jou lewe
in so ‘n mate dat jy alle sinvolle verhoudinge en bande verbreek.

Jy ontwikkel ‘n afhanklikheid van hierdie middele,
wat jou, jouself laat verkoop,
          solank jy net vir die middels in die hande kry.

‘n Pa huil verlede week oor die telefoon
“Ek het niks, niks meer gereedskap oor nie.  My seun het alles verkoop, net om te kan dagga rook”

Jou liggaam se tolleransie teen die middels verhoog
en jy moet al hoe meer dwelms inkry om die gewenste effek te verkry…

Stadig… ook soms vinnig veroorsaak dit jou liggaamlike dood,
maar die ergste is – ook jou geestelike dood!

God is so uit jou lewe uit geskuif…
Jou liggaam wat tempel van die Gees is,
is so misbruik – dat daar nie meer plek vir God oor is nie.

Satan kry so die eer van jou lewe…
en wanneer alle verby is, ontdek jy: Ek het die satan gedien en vir hom gesterf!

Net jammer, dit is te laat!
En die ergste is: Jy het self die aanstelling gemaak.
                    Jy het self die dwelmmiddel god van jou lewe gemaak.

Wat leer die Here?
Is daar antwoorde op hierdie probleem?

Paulus skryf die antwoord aan die Galasieërs
          Ons lewe deur die Gees:
                    Laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. (Gal 5:25)


Paulus is die man wat niks van die Here wou weet nie.
Hy was ‘n volbloed Skrifgeleerde, wat dit sy werk gemaak het om die Christene te vervolg.  Tot op die dag wat die Here Jesus hom op pad na Damaskus voorgekeer het.  Daar het Hy in ‘n persoonlike gesprek met Jesus tot bekering gekom en het sy lewe radikaal verander.  Die Jesus wat hy vervolg het, het hy van toe af verkondig!

Want die Gees van God het beheer van sy lewe geneem.

Wat leer die Gees re verslawing?

Daar is mense wat sê: “Alles is my geoorloof.”  Ja, maar nie alles is heilsaam nie.
“Alles is my geoorloof”, sê hulle.  Maar, ek gaan my nie deur enige iets laat verslaaf nie.
(1Kor 6:12)


Eksegese
Daar is mense wat sê: “Alles is my geoorloof”
          * mense wat jou wil oortuig
          * dit is net ‘n speletjie, jy kan maar saamspeel
          * Jy sal niks oorkom nie.

Die tweede deel van die teks bring die perspektief

          Maar nie alles is heilsaam nie

Hoekom nie?

Kyk na die eindresultaat
* Dwelms bring afhanklikheid
* Dit is afbrekend vir jou liggaam
* Dit is dodelik vir jou siel…
* Jy verruil God!

Die laaste deel van ons teks leer:
          Jy mag jou nie laat verslaaf nie.

Kom ons wees nou realisties…

Om jou te laat verslaaf is dieselfde as om (met alle respek gesê)
          Here, baie dankie.  Ek het U nie meer nodig in my lewe nie.  Dit is nie nodig dat U meer vir hoef te sorg nie.  Ek stel dwelms aan om beheer van my lewe te neem..

Dit terwyl Jesus Christus vir jou sonde gesterf het.
Die mag van die sonde is verbreek.
Jy hoef nie gehoor te gee aan die satan vir jou maats nie.

Die Heilige Gees gee jou die krag om te kan NEE sê..,
selfs om die vriendskap te verbreek met die persoon wat
saam met jou dwelms gebruik of jou daaraan voorstel.

Wat is ouers se plig?

Die Here verwag dat jy sal getuig…
Getuienis begin in jou huis…
          Jy moet met jou mond aan jou kinders die gevare van afgodery uitwys – besonderlik dwelms
          Jy moet met jou lewe getuig…
          Jy moet ‘n voorbeeld wees van iemand wat vir die Here leef

Help nie jy verwag jou kind moet straatdwelms vermy
maar op die troon van jou lewe sit regmakers, pynpille, hoestroop, drank, rook nie.

Die mees ingeligtes in hierdie verband is sekerlik die kinders.
Daarom ouers kom op hoogte
– bekeer jou waar jy met afgodery besig is
- Help jou kind waar hy/sy struikel.

Wat is die regte pad?  Wat moet jyself leef en verkondig?

Paulus se in Gal 5 stop die afgodery
- Laat jou lei deur die Gees (v18)
- Leef deur die Gees (v16,25)

Eksegese:
Laat jou lei deur die Gees
Die woord wat hier gebruik word dui aan:
- ‘n herder[i] wat vee lei  (sien die Gees wat vir jou die pad aandui)
- ‘n wag wat ‘n prisonier begelei (die twee is aan mekaar geboei)
- die wind wat ‘n skip dryf (die wind bring die skip in beweging)

Prakties:

·       Jy moet voortdurend die Woord van die Here bestudeer op soek na wil van God.

·       Laat jou deur die Gees van God lei om God te volg en afgodery te vermy

·       Dat jy soos ‘n gevangene, nie ander kan as om te doen wat die Gees van God jou leer…

·       Die Gees moet jou dryf soos die wind ‘n skip om die wil van die Here te doen

Wie so leef is vry

Vry om te leef, vry om die lewe te geniet!
Vry want jy beweeg binne die lyne van God se wil
Hy is die enige God in jou lewe

Amen





[i] Herder is iemand wat destyds voor gestap het en die diere geroep het om hom te volg.



Comments are closed.
    Picture

    Preke op Video en Klankbaan hier beskikbaar. Of laai dit af op jou rekenaar / selfoon om later te gebruik.
    ​
    Indien jy waarde kry uit hierdie preke en geroepe voel om ‘n finansiële bydrae te maak....(Volg hierdie skakel of gebruik die SnapScan funksie hier onder)
    Picture

    RSS Feed

    Tydperk

    January 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    August 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    April 2020
    March 2020
    February 2020
    January 2020
    December 2019
    November 2019
    October 2019
    September 2019
    August 2019
    July 2019
    June 2019
    May 2019
    April 2019
    March 2019
    February 2019
    January 2019
    December 2018
    November 2018
    October 2018
    September 2018
    August 2018
    July 2018
    June 2018
    May 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    January 2018
    December 2017
    November 2017
    October 2017
    September 2017
    August 2017
    July 2017
    June 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    May 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    January 2016
    December 2015
    November 2015
    October 2015
    September 2015
    August 2015
    July 2015
    June 2015
    May 2015
    April 2015
    March 2015
    February 2015
    January 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014
    February 2014
    January 2014
    December 2013
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    June 2013
    May 2013
    April 2013
    March 2013
    February 2013
    January 2013
    December 2012
    November 2012
    October 2012
    September 2012
    August 2012
    July 2012
    June 2012
    May 2012
    April 2012
    March 2012
    February 2012
    January 2012
    December 2011
    November 2011
    October 2011
    August 2011
    July 2011

    Onderwerpe

    All
    Afgodery
    Afguns
    Afstand
    Bekommernis
    Belofte
    Blydskap
    Christus
    Deurkruis
    Dissipels
    Dissipelskap
    Doop
    Einde
    Erfenis
    Feeskos
    Gebed
    Geloof
    Genade
    Gesag
    Geskenke
    God
    God Se Stem
    Groeiefases
    Groot
    Hel
    Hemelvaart
    Jaco Kruger
    Jerusalem
    Jesus
    Jesus; Ly Vir Ons
    JOH 20:1-18
    Jubelsondag
    Jy Is Vry
    Kan Jy?
    Kerk
    Kersfees
    Kind
    Koringkorrel
    Krisis
    Labels
    Lag
    Lewenstaak
    Liefde
    Maria
    Ma-wees
    Moedersdag
    Moederskap
    Moeg
    Naam
    Onwelvoeglik
    Paasfees
    Palm
    Palmsondag
    Palm Sondag
    Peet Vermeulen
    Petrus Grove
    Pinkstersondag
    Prof Amie Van Wyk
    Reënboog
    Regte
    Restourasie
    Saad
    Sabbatsbrood
    Selfsug
    Seniors
    Sien Is Glo
    Simson
    Skoongewas
    Skuldbelydenis
    Sloet
    Sorg
    Spaar
    Sterf
    Sterk
    Sterk Bene
    Straatkafee
    Swak Bene
    Tafelmaniere
    Te Besig
    Te Laat
    Tempel
    Thinking Out Loud!
    Tuin Van Eden
    Verdienste
    Verheerlik God
    Verhoudings
    Verkiesing
    Verslawing
    Versoeking
    Vlees
    Vrou
    Vrugte Van Die Gees
    Vry
    Wandel
    W.A.T.
    Wat Drink Jy?
    Water
    Werd
    Werk
    Wetenskap
    Wilhelm
    Wilhelm Se Blog
    Winter
    Woede
    Woord


Photos used under Creative Commons from Neil Armstrong2, vancouverfilmschool, Evan Courtney, Ken Wilcox., hjjanisch, Parker Michael Knight, woodleywonderworks, Ari Helminen, Dougtone, radiant guy, yoga - photowork, Trilok Rangan, xmatt, Iza & Audrey Love !, Beverly & Pack, damo1977, Spencers Brook Farm, The ReflexMan, jamtea, Ryan Vaarsi, Vampire Bear, dpape, Justin A. Wilcox, marfis75, Niklas Hellerstedt, SHAREconference, Lori_NY, Allie_Caulfield, Andrew Michaels, onnola, GViciano, allspice1, tiltti, Parker Michael Knight, Pablodda, dededanabby, Capture Queen ™