
16-03-27_lukas_24_-_opstandingsondag.docx |
Vandag is Opstandingsondag – partytjiedag. As Goeie Vrydag die oorwinning is, is Opstandingsondag die partytjie na die tyd. As Goeie Vrydag die dag is waarop die eindfluitjie blaas vir ’n oorwinning, is Opstandingsondag die dag waarop die beker oorhandig word sodat almal dit kan sien. As Goeie Vrydag die laaste eksamen is, is Opstandingsondag die gradeplegtigheid sodat almal dit kan weet – Hy het dit reggekry, Hy het dit verdien, Hy het gewen ← DIT IS VOLBRING!
Kom ons lees wat daardie Sondag gebeur het.