Luister die preek | Laai klankbaan af (mp3) |

16-07-17_matteus_5_-_vredemakers.docx |
Wat maak ons in ’n wêreld waar iemand met ’n groot lorrie in ’n skare mense inry? Wat maak ons in ’n wêreld waar mense restaurante en lughawens en nagklubs slagvelde maak? Wat maak ons in ’n land waar mense teen mekaar opgestel word – wit teen swart, Afrikaans teen Engels, jonk teen oud? Wat is ons roeping as gelowiges?