
job_23trauma.docx |
Die boek Job bevestig wat die lewe ons leer.
Om gelowige te wees beteken nie ‘n seepgladde, voorspoedige, voor die wind lewe sonder enige probleme nie.
Sedert die sondeval is probleme deel van ons aardse lewe.
Al wat verskil is die aard en intensiteit van die probleme wat mense ervaar.
Dit wissel van probleempies wat jy sommer so in jou daaglikse lewe hanteer tot traumatiese ervarings wat die wêreld vir jou op sy kop draai…