
17-02-12_s5_forgiveness_-_wilhelm_leuschner.docx |
Jy hoef nie lank te wag voor iemand iets verkeerds teen jou gaan doen nie – voor jou inry, jou beskinder, jou beledig, seermaak, skade berokken. Hoe hanteer ons dit? Hoe hanteer ons verhoudings wat skeef loop, verhoudings wat seerkry?
Jesus het geweet wat dit is – Hy ken stukkende verhoudings. En Hy weet wat dit is om sulke verhoudings te herstel. Hy gaan so ver om, terwyl Hy aan die kruis hang, te bid vir die mense wat besig is om Hom dood te maak, besig is om spykers deur sy lyf te slaan, besig is om sy klere te steel en vir hulle te vat: