Luister preek | Laai teks af![]()
| Laai audio af![]()
|
| WEES DISSIPELS! Waaroor gaan Wapadrant? Waaroor gaan kerk? Een ding – dissipels! Dissipels wees en dissipels maak! Maar wat is ’n dissipel? Wel, kom ons gaan kyk: Matteus 28:19, 20: Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. |