
wees_heilig_soos_god_heilig_is_1petrus1v15-16__201116.docx |
Is jy heilig? En leef jy heilig?
As iemand jou moet beskryf, sal hulle van jou kan sê dat jy heilig is?
Nee?
Dan moet jy jouself ernstig afvra: hoekom nie? Want in ons teksgedeelte is dit duidelik dat juis dit is wat die Here van ons eis: ons moet heilig wees.
Petrus skryf (1:15-16):
Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”
Met hierdie aanhaling uit Lev. 11 en 19 en 20 beklemtoon Petrus dit: ons hele lewenswandel moet heilig wees – net soos God heilig is.