![]()
| ![]()
|
| Teks: Romeine 12:2 Tema: Wie ‘label’ jou? Almal onder 25 – wat is hierdie? [Foto van ‘labelmaker’] Dis ’n masjien waarmee mens etikette maak, ‘labels’. Die vraag nou is: Wie mag ’n etiket op iets sit? Ek bedoel, ek kan tog sekerlik nie in jou huis instap en my naam en my etikette op al jou goed kom sit nie..... Wie mag? Daar is 3: |
1. Vervaardiger:
Nike à template waarmee hulle hemde maak. En hulle mag Nike daarop sit...
Die template waarmee jy gemaak is? God
God het jou gemaak na sy beeld.
Genesis 1:27: 27God het mense geskep na sy beeld; volgens sy eie beeld het God hulle geskep; manlik en vroulik het Hy hulle geskep.
2. Koper:
Ek mag nie my naam skryf op goed wat jy gekoop het nie!
Maar die goed wat ek gekoop het....
God het jou gekoop met Jesus à Pinkster: die Heilige Gees is God wat sy Naam op jou sit
1 Korintiërs 6:19, 20: “Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.”
3. Eienaar:
Wat is die eerste ding wat jy doen as jy iets kry? à Sit jou naam daarop!!!
Wie is jou eienaar? Wie mag sy naam op jou sit?
Vriende?
Wêreld?
Ouers?
Onderwysers?
Wie het die reg om jou te label?
Jou vriende?
Jou onderwysers?
Weier die labels wat mense vir jou gee en omhels die label wat God vir jou gee.
Romeine 12:2 (NLV)
2Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie,
Wat is ’n patroon? Dis iets wat daar was waarmee goed gemaak word. Watter patrone is daar in die wêreld?
Besef jy dat waar jy nou is, was daar al ander mense gewees? Ander mense het besluit wat ‘cool’ is en wat nie; wat ‘in’ is en wat nie. Iemand anders het bepaal wat die patroon is! Waar jy kom in die lewe gaan daar patrone wees wat ander mense opgestel het en jy gaan daarby probeer inpas.
En wat sê God daaroor? “Are you kidding!!!” “Is jy nie lekker nie?” “Hoekom sal jy toelaat dat enige iemand anders as Ek om jou te vorm en jou te beheer?”
Want as ek iemand anders toelaat om my te label laat ek hulle toe om my te besit, maak ek hulle my eienaar. Dis soos om na iemand te draai en te sê: “Jy is my BAAS! Jy kan besluit wie ek is!” Wie in sy regte ‘mind’ sal so iets doen........
maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe.
OMVORM: verander dit! Wie is jy om te sê wat die patroon is? Wie is jy om te sê wie ek moet wees? Ek gaan nie jou die baas van my lewe maak nie!
Hoe doen ons dit? Deur anders te DINK!!! Anders te dink oor labels, anders te dink oor wie ek is, anders te dink oor wie ek wil wees.
(Julle ouers dink nou: ek wens iemand het dit vir my vertel toe ek 18 was, want so baie van hulle se lewens is verwoes deur mense wat labels op hulle gesit het en deur te probeer inpas is patrone wat ander mense daargestel het.)
Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.
DAN: As jy weier om die patrone te volg, weier om ander mense my te laat label!
Sal ek weet wat God se WIL is: God het ’n wil, ’n plan vir elkeen van julle. Besef jy dit?
Want hoe is God se wil?
· GOED: Jy besef dit dalk nie nou nie, jy dink dalk nou dat God se wil sleg is en moeilik is, dat dit beter is om ander toe te laat om my lewe en my keuses en my patroon te vorm. Maar eendag as jy 30 en 40 is sal jy weet
· AANVAARBAAR: aanvaarbaar vir wie? Vir GOD! Vir MENSE! Maar die belangrikste: vir JOUSELF! Want die ‘regrets’ in die lewe kom waar ek buite God se wil leef.
· VOLMAAK: Hoekom is God se wil vir jou volmaak? Omdat God se wil vir jou ontwerp is vir die manier waarop Hy JOU ontwerp het! God het besluit wat en wie Hy wil hê jy moet wees en toe het Hy jou gemaak om daarby in te pas! Stryd in die lewe kom waar ek iets probeer doen waarvoor ek nie gemaak is nie – soos om ’n spyker met ’n skroewedraaier in te slaan – en dis waar ek iets anders probeer as wat God my gemaak het, iets anders as wie ek is, waar ek probeer om te wees wat ander mense se labels my maak.
WAARSKUWING: Die labels wat mense op jou sit vorm jou lewe!
Levi’s: priester: Wie se priester is ek? Wie aanbid ek? Wie dien ek?
Nike: oorwinning. ‘Ons is meer as oorwinnaars’ (Rom 8:37)
Net God mag jou label, want Hy het jou gemaak, Hy het jou gekoop en vandag het jy gesê: God, U is my eienaar! Want dit is wat belydenisaflegging is!
Wat is die labels wat mense op jou gesit het?
Waar kom hulle vandaan?
Nou wat?
AMEN.