Hulp en Ondersteuning gevra:
Versoek vir Finansiële ondersteuning - Sendelinge
Ons is tans in Mosambiek. Ons is nou vir die 3de maand hier. Ons het gedurende November hier aangekom by vriende van my. Ons fondse was byna op. Ons het toe hier gebly vir 'n rukkie en Johan het begin om by ingeneursfirmas hier klein teken werkies te doen en hulle werkgewers op te lei om meganiese tekeninge te maak. In ruil vir die diens het hulle dan vir ons donasies gemaak wat ons aan die gang gehou het, maar dit is nie genoeg om mee aan te beweeg van hier af weg as ons nie na 'n vaste punt toe gaan nie. So ons is 'n paar keer van hier af na Malawi toe en terug, hoofsaaklik omdat ons nie langer as 30 dae in Mosambiek mag bly nie, en ook om Malawi te verken om te kyk of ons dalk daar iewers 'n plekkie kan vind waar ons op 'n permanente basis kan betrokke raak sodat ons nie verder hoef te trek nie.
Maar ons oorspronklike plan was mos eintlik om na Kenia toe te gaan. Ons het gedink dit is nou maar bietjie buite bereik want ons kan nie net soontoe gaan om te gaan kyk hoe dit daar lyk en dan weer verder trek nie, ons het nodig om iewers te "settle" vir 'n paar maande waar verblyf goedkoper is as om toeriste tariewe by kamppeer plekke te betaal en van waar mens iets kan doen om ook 'n inkomste te genereer.
So kom dit toe dat Lydia Venter, van Yasha minsitries, waarby ons in Kenia wou gaan kuier, ons kontak en vra of ons vir 'n seisoen of langer by haar kan oorneem sodat sy 'n breuk kan neem.
As ons haar aanbod aanvaar, beteken dit dat ons verblyf sal hê in Kenia wat reeds deur hul organisasie betaal word, so dis basies gratis vir ons. Sy gaan ook terwyl sy terug gaan SA toe, werk maak daarvan om borge te soek en nog fondse te bekom om die twee borge wat hulle laas jaar verloor het, te vervang. Dit klink eintlik vir my of sy dalk wil he dat ons permanent by hulle aansluit en dat sy en haar man meer in die fondsinsameling deel van die projek betrokke raak en minder in die dag tot dag bedryf van die bediening. Maar daaroor sal ons eers sekerheid kry as ons daar is en vir 'n tyd lank daar gewerk het en sien of ons goed saamwerk ensovoorts.
Ons is baie opgewonde oor die moontlikheid, want ons kan dan vir 'n geruime tyd op een plek wees en van daar af iets van die grond af kry wat fondse inbring om ons lewens uitgawes kan dek.
Ons moet net daar kom. En dit is die probleem op die stadium.
Die reis van Tete in Mosambiek, tot in Nakuru, Kenia, is net onder 3000 km, en mens gaan deur 3 lande. met 3 klein kindertjies wat ook nog skoolwerk moet doen tussen in. Dit is nie net klim in die kar en ry nie. Ons moet wasgoed was, wat moet droogword, skoolwerk doen, kos soek, koop, gaarmaak ens. Mens kan nie in die nag ry nie agv wilde diere op die paaie en die spoedgrens in meeste Afrika lande is so 80 km per uur. So mens ry omtrent 3 weke om daar uit te kom.
Vir die reis, benodig ons fondse. Ons benodig min of meer:
R 10 000 om ons petrol te betaal,
R 2 000 vir grenskostes (min of meer)
R 10 000 vir kamppeer kostes
R 8 000 vir kos en lewensuitgawes oppad.
So in totaal gaan dit ons omtrent R 30 000 kos om te toer tot in Kenia.
Ons het tans met behulp van ons blog en vriende reeds R 6000 ingesamel (binne 3 dae) en daar is 'n groot moontlikheid dat Johan volgende week weer 'n tekenaar hier gaan oplei wat vir ons nog omtrent R 10 000 behoort by te voeg. Daar is ook nog vriende wat laat weet het dat hulle sal probeer om fondse in te samel, so miskien kom daar nog iets daarvan ook.
Ons moet teen 12 Februarie uit Mosambiek vertrek om binne ons 30 dae beperking te bly, en om langer as dit hier te bly maak nie sin nie omdat ons hier ook moet leef, kos koop ens so ons sal eerder ons geld wat ons nou bymekaar maak direk vir die trek aanwend.
Om met ons te kan kontak maak kan ons inligting by die volgende "Blog" gekry word:
https://auxinafrica.wordpress.com/
Of stuur aan ons 'n E-pos by: [email protected]
Jammer oor die vreeslike lang boek wat ek skryf, soos ek sê, dis moeilik om die boodskap oor te dra as mens dit nie in persoon kan bespreek nie...
Baie groete
Anina Aucamp
(Lidmaat van Wapadrant Gemeente)