WAPADRANT
  • Tuis
  • Neem Kennis
  • Eredienste
  • Ontdek jou plek
  • Dien met gawes
  • Meer
    • Kontak ons
    • FOTO ALBUMS
    • Finansiele Sake
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
    • Poste gesoek en beskikbaar
    • Ander Web Skakels
    • Argief >
      • Geselsbrief Nuusbriewe
      • Openbare getuienis
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
  • Tuis
  • Neem Kennis
  • Eredienste
  • Ontdek jou plek
  • Dien met gawes
  • Meer
    • Kontak ons
    • FOTO ALBUMS
    • Finansiele Sake
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
    • Poste gesoek en beskikbaar
    • Ander Web Skakels
    • Argief >
      • Geselsbrief Nuusbriewe
      • Openbare getuienis
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)

HOEKOM KLEINGROEPE?


  

Picture

Wat is 'n kleingroep?

Waarom kleingroepe?

WIE IS JOU FAMILIE? 

Johannes 17: 20, 21: “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U” Jesus se gebed is dat gelowiges EEN sal wees, soos Hy en die Vader EEN is. Met wie is jy EEN?

Johannes 13: 34, 35: “Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

Jesus se opdrag aan ons is om MEKAAR lief te hê – dit is die bewys dat ons dissipels is. Hoe het jy ander in die gemeente lief?

1 Korintiërs 12: 7: “Aan elkeen afsonderlik word ’n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal.”

God gee vir ons almal gawes sodat die res van ons daaruit voordeel kry. Hoe bevoordeel jou gawes ander in die gemeente?

Ek moet EEN wees met ander in die gemeente, ek MOET hulle lief hê, ek MOET my gawes gebruik om hulle te bevoordeel. Hoe doen ek dit? Die logieste plek is in KLEINGROEPE! Daarom is ons ’n gemeente van kleingroepe – dit is hoe ons werk want eenheid, liefde en dien is wat God van ons verwag. 
Daarom wil ons graag sien dat ons kleingroepe al hoe meer soos families begin funksioneer. Ja, soos ek ’n fisiese (my pa se bloed-) familie het, het ek ook ’n geestelike (my PA se bloed-) familie. Wie is jou familie in Wapadrant? Jou kleingroep! Dis waar mense jou aanvaar vir wie jy is, waar mense vir jou lief is en saam met jou groei en speel en leer en ly en dien en leef.

Is jy nog nie in ’n kleingroep nie? Kontak asb die kleingroepkantoor sodat jy ook jou plekkie in ’n familie kan vind.

Is jy reeds in ’n kleingroep? Wonderlik! Hoe gaan dit met julle familie? Groei julle? Geniet julle dit? Het julle al yskasregte in mekaar se huise? Laat weet ons asseblief! Ons wil graag van julle hoor en graag by julle kom kuier. Ons 3 predikante sien daarna uit om by al die kleingroepe in te loer – kontak die kleingroepkantoor of die predikante self om dit te reël. Ons het ook verskeie kleingroepboekies en video’s en ander materiaal wat julle kan gebruik. Kom loer in of kontak ons by [email protected].

Geniet jou kleingroep – jou Wapadrantfamilie!

KLEINGROEP BIBLIOTEEK

Kleingroepmateriaal uniek saamgestel vir Wapadranters. Ons sal 'n donasie van R10 per boekie baie waardeer.

Kleingroepbiblioteek


Kleingroepmateriaal is beskikbaar, boeke en DVD's kan uitgeneem word op aanvraag aan Jan Tollig by [email protected].  Vir meer besonderhede en titels beskikbaar kliek op "KLEINGROEP BIBLIOTEEK" opskrif hierbo.

WEBBLADKAART

Skakel in
Kontak ons
Aankondigings
e-Nuus
Aktiwiteite
KwartKrant
Verjaarsdae
GKSA Nuusbrokkies

Eredienstye
Jeuggroeptye
Preek Video en klank
Kort oordenkings
Hulpvideos

Toerusting
Kleingroepe
Geestelike Paaie

Uitreik
Diakonie
Projekte
Jeug- en Gesinsbediening
Gebedsversoeke