WAPADRANT
  • Tuis
  • Neem Kennis
  • Eredienste
  • Ontdek jou plek
  • Dien met gawes
  • Meer
    • Kontak ons
    • FOTO ALBUMS
    • Finansiele Sake
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
    • Poste gesoek en beskikbaar
    • Ander Web Skakels
    • Argief >
      • Geselsbrief Nuusbriewe
      • Openbare getuienis
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
  • Tuis
  • Neem Kennis
  • Eredienste
  • Ontdek jou plek
  • Dien met gawes
  • Meer
    • Kontak ons
    • FOTO ALBUMS
    • Finansiele Sake
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
    • Poste gesoek en beskikbaar
    • Ander Web Skakels
    • Argief >
      • Geselsbrief Nuusbriewe
      • Openbare getuienis
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
Blitsgids

Ontdek jou plek

Herontdek opnuut jou doel en waarde in ons familie. Wat maak jou uniek? Wat is jou spesifieke gawes en talente? Leer hoe jy God se stem die beste kan hoor. Wanneer jy jou plek in die familie ontdek het, weet jy waar om jou gawes en talente aan te wend.

Toerusting

Picture
Vraag 1:
​​“Paar van my maats het onlangs genoem dat daar by hulle kerk geleer/gepraat word van verskillende krone wat gelowiges eendag gaan ontvang as hul in die hemel kom. Bv. 'n goue kroon (as jy baie goeie werke gedoen het) of 'n strooikroon (as jy minder werke gedoen het). Ek het nog nooit daarvan gehoor nie en ook nie so iets gelees in die Bybel nie. Waar kom hul daaraan?”
Antwoord
 Vraag 2:
​​“Ons leer tog dat die son die middelpunt is waarom ons hele sonnestelstel wentel. En die maan wentel weer om die aarde. Ek kan verstaan hoekom die aarde nie kan ophou wentel nie. Hoekom is die son in Josua 10 beveel om stil te staan indien dit reeds stil staan? En hoe het die maan  stilgestaan? Die aarde moes bly wentel en die maan is a.g.v. swaartekrag in kombinasie met die aarde. Ek bevraagteken nie God se grootheid nie, die son en maan gedeelte begryp ek net nie. Help asb?”
Antwoord
 Vraag 3: Oor die doop
Johannes het in die Jordaanrivier mense in water gedoop. Het Johannes met hierdie gebruik om mense in water te doop, begin of was dit reeds in sy tyd 'n gebruik? 
Die besnydenis is gebruik om die seuntjie die teken van die Verbond te gee. Het Johannes die besnydenis met die doop in water vervang of was die doel van doop in water iets heel anders? Byvoorbeeld die afwassing van die sonde (in die plek van al die vroeëre offerandes) na die bekering en redding?
Antwoord
 Vraag 4: Wat beteken “Beeldraers van God”?
Die woord “beeld van God” is die vertaling van “tselem Elohim” in Hebreeus.  Tselem het die basiese betekenis: beeld van, of soos iets anders te wees (“a likeness”). Dit gaan dus nie oor BEELD nie maar oor BEELDDRAER.  Jy is nie fisies identies aan God nie, maar reflekteer Sy karakter en natuur.  Die mens moes God se heerlikheid weerspieël.
Antwoord

​Stadboueropleiding

​
Stadboueropleiding is reeds aangebied. Indien jy dit nie bygewoon het nie, kan jy dit steeds via die skakels hieronder kyk. 
Deel 1 Bly in posisie
Deel 2 Jou geestelike impak
Deel 3 Jou sosiale impak
Deel 4 Jou finansiƫle impak

'n Kleingroep - jou geestelike gesin

Welkom by jou  Wapadrantfamilie!

Elkeen van ons moet EEN wees met ander in die gemeente; ek moet hulle lief hê en my gawes gebruik om hulle te bevoordeel. Hoe doen ek dit? Die logieste plek is in KLEINGROEPE! Daarom is ons ’n gemeente van kleingroepe – dit is hoe ons werk want eenheid, liefde en dien is wat God van ons verwag.

Is jy nog nie in ’n kleingroep nie? Kontak asb die kleingroepkantoor sodat jy ook jou plekkie in ’n familie kan vind.
Is jy reeds in ’n kleingroep? Wonderlik! Hoe gaan dit met julle familie? Groei julle? Geniet julle dit? Laat weet ons asseblief! Ons wil graag van julle hoor en graag by julle kom kuier. Kontak die kleingroepkantoor of die predikante om dit te reël.

Ons het ook verskeie kleingroepboekies (@ R10 donasie) en video’s en ander materiaal wat julle kan gebruik. Kom loer in of kontak ons by [email protected].
Meer oor kleingroepe
Kleingroepbiblioteek

Geestelike paaie

Picture
Een van die belangrike waardes van ons familie is dat ons VERSKEIDENHEID VIER. Ons is bly dat die Here ons verskillend gemaak het en wil vir mekaar ruimte gee om op ons verskillende maniere God te beleef en uit te leef. Een plek waar ons van mekaar verskil, is in hoe ons die beste en mees natuurlike met ons Pa kommunikeer.

Wil jy weet hoe jy ons Pa se stem hoor? Laai gerus die vraelys af en voltooi dit. Beter nog - voltooi en bespreek dit saam met ander familielede. So help ons om mekaar te leer ken en beter te verstaan.

Vraelys

WEBBLADKAART

Skakel in
Kontak ons
Aankondigings
e-Nuus
Aktiwiteite
KwartKrant
Verjaarsdae
GKSA Nuusbrokkies

Eredienstye
Jeuggroeptye
Preek Video en klank
Kort oordenkings
Hulpvideos

Toerusting
Kleingroepe
Geestelike Paaie

Uitreik
Diakonie
Projekte
Jeug- en Gesinsbediening
Gebedsversoeke