WAPADRANT
  • Tuis
  • Neem Kennis
  • Eredienste
  • Ontdek jou plek
  • Dien met gawes
  • Meer
    • Kontak ons
    • FOTO ALBUMS
    • Finansiele Sake
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
    • Poste gesoek en beskikbaar
    • Ander Web Skakels
    • Argief >
      • Geselsbrief Nuusbriewe
      • Openbare getuienis
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
  • Tuis
  • Neem Kennis
  • Eredienste
  • Ontdek jou plek
  • Dien met gawes
  • Meer
    • Kontak ons
    • FOTO ALBUMS
    • Finansiele Sake
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
    • Poste gesoek en beskikbaar
    • Ander Web Skakels
    • Argief >
      • Geselsbrief Nuusbriewe
      • Openbare getuienis
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)

Waarom kleingroepe in Wapadrant?

  Die antwoord op hierdie vraag is eenvoudig: omdat ons oortuig is dat dit in vandag se tyd die beste manier is om in ons gemeente aan die Here se Woord gehoorsaam te wees.  Wapadrant is 'n groot gemeente.  Die bedieningstelsel wat in baie (kleiner) gemeentes nog goed werk - van ouderlinge wat elkeen 'n wyk het waarna hulle omsien - werk nie meer hier nie.  Vir 'n hele tyd lank voor die oorskakeling na kleingroepe toe, het die meelewing tussen lidmate algaande verslag.  Die ou probleem van lidmate wat "passasiers" is terwyl die predikante, ouderlinge en diakens die enigste mense is wat dienswerk doen, het ook hoofbrekens besorg.

Kleingroepbediening probeer - gehoorsaam aan die Here se Woord - hierdie twee probleme aanspreek.  In kleingroepbediening val die klem daarop dat lidmate verantwoordelikheid vir mekaar neem.  Die Bybel wemel immers van die "mekaar"-tekste.  (Hier is 'n paar voorbeelde - daar is nog baie. "Dien mekaar met julle gawes": 1 Pet 4:10; "Soos Ek julle liefgehad het, moet julle mekaar liefhê": Joh 13:34; "Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus": Gal 6:2.) Al gaan jy in ons groot gemeente nie 'n diepgaande verhouding met elke ander lidmaat hê nie, gaan daar tog 'n tien- of vyftiental mense wees met wie jy regtig nou saamleef.  Jy gaan hulle bedien met die liefde en die waarheid van die Here, en hulle gaan dieselfde met jou doen.  Ouderlinge, diakens en predikante bly natuurlik op die toneel.  Hulle werk as geestelike leiers in die gemeente is om die gemeente toe te rus vir, en te begelei in hulle meelewing en dienswerk (vgl Ef 4:12).  Ouderlinge hou steeds toesig oor ons "leer en lewe"; diakens organiseer steeds die dienswerk; predikante bedien steeds die Here se Woord.  Ons is oortuig daarvan dat hierdie spesifieke dienswerk van die ouderlinge, diakens en predikante juis beter tot hulle reg kom binne 'n kleingroepbedieningstrategie!

Ten slotte: die kerk is daar vir die wêreld.  Die Here stuur ons na die wêreld toe om die koms van sy koninkryk te vertel en uit te leef.  Ons weet 'n kleingroepgebaseerde vorm van bediening kan ons gemeente help om hierdie oorkoepelende doel beter na te streef.  In kleingroepe val die fokus op diens - nie om bedien te word nie.  Die ampsdraers is daar om die gelowiges toe te rus vir hulle dienswerk.  Na gelang van die gawes wat die Gees gee moet elkeen iets doen.

Wanneer dit gebeur, vorder ons gemeente op die pad om so volmaak en volwasse soos Christus te word, soos wat Ef 4:13 sê.

WEBBLADKAART

Skakel in
Kontak ons
Aankondigings
e-Nuus
Aktiwiteite
KwartKrant
Verjaarsdae
GKSA Nuusbrokkies

Eredienstye
Jeuggroeptye
Preek Video en klank
Kort oordenkings
Hulpvideos

Toerusting
Kleingroepe
Geestelike Paaie

Uitreik
Diakonie
Projekte
Jeug- en Gesinsbediening
Gebedsversoeke