Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Openbare Getuienis
    • Wapadrant Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Inry Erediens
    • Maand-Krant
    • GPS 2020
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO >
        • Sunrise: Naskool en Leerder Ondersteuning
        • Sunrise: SAPS Trauma Sentrum
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

Diakonie

Mag God, wat die bron is van standvastigheid en bemoediging, julle help om in volkome harmonie met mekaar te lewe – elkeen met die gesindheid van Christus teenoor julle medegelowiges. Dan sal julle almal in ‘n wonderlike eenheid van gees en uit een mond die lof toebring aan God, die Vader van Jesus Christus ons Here.   
Romeine 15:5-6 


MISSIE:
Om, as opdrag van die Here, Onderlinge Liefdesbetoon en Eenheidsbelewenis in die gemeente te bevorder. 

VISIE:
‘n Hartlelike en warm gemeenskap van gelowiges wat lief is vir mekaar, vir mekaar omgee en hulle eenheid in Christus hier saam as gemeente vier.

DOEL:
Sodat ons Christus se beeld kan uitdra en ‘n lig op ‘n berg kan wees vir die wêreld daar buite. 

  DIE DIAKEN SE OPDRAG:
  • Bou die liggaam van Christus op
  • Behou die eenheid in Christus
  • Be-oefen onderlinge liefde
  • Sien toe dat die gelowiges aan almal goed doen
  • Sorg dat nie een deur armoede, siekte, eensaamheid, ouderdom, of om ander redes van die geloofsgemeenskap vervreem raak nie
  • Beheer die middele wat aan u gegee word sorgvuldig

 KERNWAARDES: 
  • Betroubaarheid
  • Opregtheid
  • Sensitiwiteit
  • Vertroulikheid
  • Stiptheid
 
DIENSGROEPE
Die diakonie se bediening is in drie Fokusgroepe opgedeel:

LIG:
Doel: Om vir mense buite die gemeente die lig van ons onderlinge liefde en eenheid te wys.

 WATER:
Doel: Om vir mense wat swaar kry onderlinge liefde en eenheid te bewys.

 VUUR:
Doel: Om mense in die gemeente onderlinge liefde en eenheid te laat beleef.

Onder elk van die fokusgroepe sorteer verskeie Diensgroepe as volg : 
  • EREDIENS – Diensgroep
  • HULPVERLENING – Diensgroep
  • MEELEWING – Diensgroep
  • KONTAK & VOORSIENING- Diensgroep
  • KAFE KIONONIA- Diensgroep         
  • FUNKSIES- Diensgroep
  • ADMINISTRASIE – Diensgroep
  • GAWE-ONTWIKKELING – Diensgroep
  • KOMMUNIKASIE – Diensgroep

 WAT IS ‘n DIENSGROEP?
Volgens 1 Korinthiers 12 is ons as gelowiges almal saam die liggaam van Christus, en afsonderlik is ons elkeen lid daarvan. Daar is in die kerk mense aan wie God ‘n bepaalde taak gegee het, bv. apostels, profete, leraars, die wat wonderdade kan doen, die wat genadegawes ontvang het om mense gesond te kaan maak, om hulp te kan verleen, om leiding te gee, ens., ens.  Ons het elkeen bepaalde genadegawes ontvang en moet ons toelê op ons beste gawes, en dit met liefde aanwend tot verheerliking van God.   

‘n Diensgroep is ‘n klein groepie lidmate met spesifieke gawes wat ten doel het om ‘n spesifieke diakonale funksie in die gemeente te verrig.  Hulle moet dus sorg dra dat ‘n spesifieke taak om onderlinge liefde en eenheid in die gemeente te bevorder na behoefte uitgevoer word.  Diakens (as leiers) en lidmate in spesifieke diensgroepe sal dus normaalweg verskillende gawes hê wat hulle in staat stel om verskillende dienswerke in die gemeente die beste te kan uitvoer. 

UITNODIGING TOT DIENSWERK
Die diakonie nooi elke lidmaat vriendelik uit om met vrymoedigheid by een van die diakonale diensgroepe betrokke te raak.  Kom wees deel van dienswerk waardeer die gemeente hulle onderlinge liefde en eenheid in Christus daadwerklik kan ervaar. Kontak asseblief die kerkantoor indien u belangstel.

 Meer inligting insake diensgroepe waarby u betrokke kan raak is hieronder uiteengesit: 

HULPVERLENING – Diensgroep
Verantwoordelik vir Hulpverlening aan:
  • Lidmate in nood:
  • Buite-instansies / - groepe / -individue in nood:
  • Senior Lidmate wat hulp benodig:
  • Enkel Lidmate en Enkelouers wat hulp benodig:
 Skakel met Pastorale Dienssentrum

 MEELEWING – Diensgroep
Verantwoordelik vir Meelewing met:
Siekes (In hospital en tuis)
  • Agtergeblewenis na afsterwe van ‘n familielid
  • Senior Burgers en ander Eensames wat kontak nodig het met ander mense
  • Lidmate in Tehuise
 Skakel met Chrisante-groep

 KONTAK & VOORSIENING- Diensgroep
Verantwoordelik vir kontak met ander belangegroepe in die gemeente soos bv. die vroue, jeug en spesifieke diensgroepe  soos die Uitreik-diensgroep. Koördineer ook kleingroep-projekte soos bv. Koningskinders, Vigswesies, Dassies-projek, ens. Hierdie diensgroep is ook verantwoordelik vir die daarstelling en koördinering van invorderings en voorsieningsaksies soos bv die Klerebank en Voorraadstoor. Skakel nou met Hulpverleningsdiensgroep, asook  met Vrouediensgroep en Jeugdiensgroep. Ook raakvlakke met kleingroep-/diensgroep projeke :
  • Dannville Voedselprojek
  • Koningskinders
  • Uitreikbediening
  • Dassiesprojek
  • Vigswesies
  • Ens.

 KAFE KIONONIA- Diensgroep          
Verantwoordelik vir die operasionele bestuur van Kafe Koinonia en die Toasties kombuis.
Sluit in diensverskaffing elke Sondag, asook tydens begrafnisse, troues en ander spesiale geleenthede.

FUNKSIES- Diensgroep
Verantwoordelik vir die reël en koordinering van gemeentefunksies. Sluit in:
  • Gemeente-etes
  • Gemeentekamp
  • Vreugdefees
  • Nuwe Intrekker Verwelkomingsfunksies


 EREDIENS – DiensgroepVerantwoordelik vir effektiewe administrasie tydens eredienste. Aksies sluit in:
Verwelkoming van lidmate voor die diens.
  • Uitdeel van Blaadjies/RantKrant.
  • Aanwys van plekke.
  • Opneem van kollektes.Verwelkoming van nuwe lidmate na erediens. 
  • Opruim na erediens.
  • Vervoer van lidmate na en van eredienste.
  • Nagmaalreëlings (Wyn en Brood, borde, bekers, glasies,ens.).
  • Kerkgebou & Terrein – Effektiewe Uitleg / Stoele / Blomme / Blaadjies / Gasverwarmers / Hulp aan Koster waar nodig / ens.
Skakel met Koster en met Erediensdiensgroep en Terreinkomitee van die kerkraad.
Skakel met kleingroepe wat Bedieningstoonbank bedryf

ADMINISTRASIE – Diensgroep
Verantwoordelik vir alle administratiewe aktiwiteite van die diakonie, soos bv.:
Tel en Bank van Kollektes
  • Konsistorieregister
  • Finansiele State
  • Bankadministrasie
  • Oudit van Finansiele state.
 Skakel met Kerkkantoor en Komitee vir Finansies van die kerkraad.

 GAWE-ONTWIKKELING – Diensgroep
Verantwoordelik vir:
Opleiding van diakens 
  • Kursusse aan Hulpbehoewendes 
  • Kursusse aan Lidmate


KOMMUNIKASIE – Diensgroep
Hier kyk ons na kommunikasie binne die diakonie, en dan ook binne gemeenteverband wat sal meehelp om Onderlinge Liefde en Eenheid in die gemeente te bevorder.
  • Kommunikasie/bemarkingsaksie rakende die diakonie en diakonale diensgroepe deur bv. besoeke aan lidmate (veral nuwe intrekkers) en bywoon van kleingroepbyeenkomste
  • Stel diakonale amp en diensgroepe bekend; 
  • Nooi lidmate uit om deel te word van die diensgroepe waar hulle gawes optimaal aangewend kan word;
  • Inligtingverspreiding- en bemarkingsaksies in bv die RantKrant. media en by eredienste/samekomste van die gemeente.
  • Skakel met huidige Kommunikasiediensgroep en Kleingroepdiensgroep van die kerkraad, asook met Wapadrant Uitreik.
  • Bedieningstoonbank toerus
  • Verwelkomingstoonbank toerus