WAPADRANT V2.0
  • Tuis
  • Neem Kennis
  • Eredienste
  • Ontdek jou plek
  • Dien met gawes
  • Meer
    • Kontak ons
    • FOTO ALBUMS
    • Finansiele Sake
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
    • Poste gesoek en beskikbaar
    • Ander Web Skakels
    • Argief >
      • Geselsbrief Nuusbriewe
      • Openbare getuienis
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
  • Tuis
  • Neem Kennis
  • Eredienste
  • Ontdek jou plek
  • Dien met gawes
  • Meer
    • Kontak ons
    • FOTO ALBUMS
    • Finansiele Sake
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
    • Poste gesoek en beskikbaar
    • Ander Web Skakels
    • Argief >
      • Geselsbrief Nuusbriewe
      • Openbare getuienis
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)

Wapadrant Pastorale Sentrum 

Wapadrant se Pastorale Sentrum wil jou graag ondersteun. Maak gerus kontak met een van die beraders. 
Daar is ook verskeie toerustingsgeleenthede deur die loop van die jaar. Moet dit nie misloop nie!
Picture
Kontak Nicolette om te bespreek by:
nvbresie@gmail.com


Dr. Vorster Combrink
Pastorale Berader
Sel:        082 872 9725
E-pos:    
vorster@abbo.org.za  

Dr. Peet Vermeulen
Predikant
Sel:        082 336 8465 
E-pos:    peet@gkwapadrant.co.za  

Adviesdiensgroep
Voorsitter:
Vakant 

Ander lede:
Kobus Roux
Fransa van Mazijk
Klasie Heystek


Sedert 2015 is daar vier goed toegeruste Christelike beraders beskikbaar wat in verskillende fokusareas werk. 

HELENE TOLLIG    Tel 083 947 7835
Opgelei by ABBO (Assosiasie vir Bybelse Berading en Opleiding) as Bybelse berader. Ook opgelei in Aromaterapie en Refleksologie. Sy dien sedert 2010 as herder-ouderling in die gemeente.
Fokusarea: Depressie

KOBUS ROUX   Tel 083 381 6722
Benewens twee honneursgrade (in Bedryfs- en Kliniese Sielkunde) is Kobus ook opgelei in Bybelse berading by ABBO, waar hy al opleidingsinsette gemaak het. Hy is ‘n voltydse offisier in die SANW asook ‘n geregistreerde traumaberader by die Health Professions Council of South Africa (HPCSA).  Hy bedryf ‘n privaatpraktyk en verleen ook ondersteuning aan die gemeenskaps-organisasie Garscom as ‘n traumaberader.  Kobus was vroeër ouderling van die gemeente en help tans met die aanbieding van die huweliksvoor-bereidingskursus.
Fokusareas:  Traumaberading; angstigheid; huwelike; verhoudingsprobleme; egskeiding;   beroepsbegeleiding vir volwassenes;  werkstres; uitbranding; en konflik in die werksomgewing.
  
JOHAN ELOFF  Tel 082 777 9689
Johan is opgelei in stads- en streeksbeplanning en teologie. Hy was 10 jaar Gereformeerde predikant (in Pretoria-Wes & Kemptonpark-Mooifontein) en werk daarna voltyds as pastorale berader. Hy was drie jaar voltyds verbonde aan Elim-kliniek wat mense met verslawings help rehabiliteer. Hy werk tans as Bestuurder: Opleiding by ABBO, wat Bybelse beraders en mentors landswyd oplei. Johan is ook opgelei in coaching en bied ‘n beradingsprogram aan by Radiokansel.
Fokusareas: Middel- en seksverslawing; depressie; stres; kroniese moegheid; uitbranding; tieners; en mentorskap (vind van unieke ontwerp en roeping).

VORSTER COMBRINK  Tel 082 872 9725
Vorster was 28 jaar predikant in vier gemeentes en werk sedert 2004 as pastorale berader by Wapadrant-gemeente. Hy was die afgelope 12 jaar betrokke by die opleiding van Bybelse beraders by ABBO, en bestuur die afgelope agt jaar die beradingsdiens van Radiokansel. Vorster is mede-aanbieder van die huweliksvoorbereidings-kursus van die gemeente en sal vanjaar ook ‘n werkswinkel in die gemeente oor ouerskap fasiliteer.
Fokusareas: Verhoudings: bv. huwelik, gesin (ouers, kinders, tieners) en vriendskappe; verwerking van verlede; lyding; jong volwassenes; verslawings.

Skakel enige van bogenoemde beraders vir ‘n afspraak. Stel asb die diens ook bekend aan u familie, vriende en kollegas. Ons wil as gemeente graag die liefde en genesing van God aan mekaar en aan die gemeenskap bedien. Koste: R100 per uur vir lidmate; R300 per uur vir nie-lidmate. (Met spesiale vergunning en vooraf goedkeuring sal ons behoeftige persone gratis beraad).
​Berading geskied in Toringkamer 1, (op die Kerkterrein), of by die berader se huis.


hulp__traumas.pdf
File Size: 326 kb
File Type: pdf
Download File

pastoraal_-_artikels_-_frustrasie.pdf
File Size: 339 kb
File Type: pdf
Download File

kinders_trauma.pdf
File Size: 368 kb
File Type: pdf
Download File

werkstres_1.pdf
File Size: 134 kb
File Type: pdf
Download File

WEBBLADKAART

Skakel in
Kontak ons
Aankondigings
e-Nuus
Aktiwiteite
Maand-Krant
Verjaarsdae
GKSA Nuusbrokkies

Eredienstye
Jeuggroeptye
Preek Video en klank
Kort oordenkings
Hulpvideos

Toerusting
Kleingroepe
Geestelike Paaie

Uitreik
Diakonie
Projekte
Jeug- en Gesinsbediening
Gebedsversoeke