Wapadrant
  • Wapadrant Tuisblad
    • Oor Ons >
      • Predikante
      • Personeel
      • Fasiliteite
    • Kaart / Map
    • Kontak Ons
    • Opname
  • Kennisgewingbord
    • Wapadrant e-Nuus
    • Nuutste aankondigings
    • Maand-Krant
    • Geselsbrief Nuusbriewe
    • El-Pida Nuusbrief
    • GKSA - Brokkies Nuus & Publikasies
    • FOTO ALBUMS
  • Preke
    • Inry Erediens
    • Paasfees Musiek
    • Covideo inspirasie
  • Bedieninge
    • Toerusting / Opleiding >
      • Geestelike Paaie
      • Geloofstoerusting
      • Lewenstoerusting
      • Dissipelskap Toerusting
      • Genadegawes
      • Besprekings / Forums / Blogs
    • Eredienste
    • Gebedsbediening >
      • Gebedsversoeke en verhale van hoop en dankbaarheid
    • Jeug- en Gesinsbediening >
      • Huisgodsdiens
      • Hulpmiddels tydens Covid 19
    • Digitale Bediening
    • Kleingroepe >
      • Kleingroepboekies om af te laai
    • Pastorale Sentrum Wapadrant
    • Uitreik >
      • SUNRISE ROAD NPO
      • BURUNDI MISSION
      • MISSIO DEI SA
      • TOPIA NPO
      • ANDER UITREIKE
    • Werksplek Bediening (#PreachAtWork)
  • Meer
    • Wapadrant en Corona
    • Ander Web Skakels
    • Diensgroep- en Gemeente Aktiwiteite
    • Dienswerk
    • Finansiele Sake
    • Hulpbronne (Geestelike Groei) >
      • Bybelstudies
      • Preekreekse
      • Video's
    • Kalender
    • Kerkraad Sake >
      • Openbare Getuienis
      • Kerkraad verklarings >
        • Gespreksforum gehou - 09Apr2016 - Oor die vrou in die ampte (Klank opnames)
        • Gespreksforum 2 - Gehou op 26Mrt2017 (Eenheid en Verskeidenheid)
        • Gespreksforum 3 - Gehou op 24Mrt2018 (Toekoms van GKSA)
    • Kleingroepinisiatiewe
    • Verjaarsdae
    • Poste Beskikbaar
    • Poste Gesoek

Ouderlinge

OUDERLINGE Hier by Wapadrant het ons in die Lig van die Here se Woord intensief nagedink oor die rol wat ouderlinge  in ons gemeente behoort te speel. Die kerkraad het na aanleiding hiervan die volgende beginselbesluite geneem:

 1.    “Uit die eksegese is dit duidelik dat dit in die ouderling-amp veel eerder gaan oor ‘leiding gee’ en ‘herder wees’ as die tradisionele klem op toesig. Dit is om in liefde om te gee, toegewyd voor te gaan, sorg te dra, koers aan te dui in ’n dienende gees.”

2.     Dat geslag nie ʼn rol speel in die bekleding van ampte in ons gemeente nie.

Wat lees ons in die Bybel oor Ouderlinge? “Die vereistes wat gestel word aan ouderlinge vind ons in Titus 1: 6 – 9, 1 Timoteus 3: 2 – 7. Al die dinge wat hier genoem word is meestal gawes van die Gees. Die ouderlinge moet vol van die Heilige Gees en wysheid wees (vgl Handelinge 6: 3).Hulle is die herders wat moet toesien dat daar nie wolwe onder die kudde inkom nie. Hulle moet hul lewens op die lyn van God se Woord hou (1 Pet 5). Nêrens leer Paulus uitgebreid wat hulle moet gaan doen nie. Hulle het ’n morele leiersrol. Kerkleiers moet toegerus wees met die Woord van God en leef deur die Heilige Gees sodat hulle koers en visie in die gemeente kan aandui en voorgangers (voorbeelde) vir die gemeente kan wees. Om as herders voor te loop sal ouderlinge hulself moet toerus en ook toegerus moet word. Kerkleiers verwaarloos dit erg en besef nie die noodsaaklikheid daarvan nie. Selftoerusting behels: eie, persoonlike identifisering met Jesus Christus en ’n fokus daarop om Jesus se beeld in jouself gestalte te gee. Dit is kardinaal dat lidmate in die kerkleiers iets van Jesus se karakter kan sien.” 

Hierdie beginsels is soos volg prakties gemaak. Die ouderlinge moet:       

  • Die nodige gawes hê om as ouderling te dien

  • Die nodige geestelike volwassenheid hê om leiding te neem en as voorbeeld in die gemeente te dien. 

  • Erkende en bewese leierseienskappe in die Gemeente en elders.

  • Ingekoop in, en positief oor die goedgekeurde Visie, Missie en Waardes van die Gemeente en die  Skrifgebasseerde rigting waarin die gemeente beweeg.

Struktuur van die kerkraad

 Die twee ouderling-groepe in die Kerkraad is die Raad van Ouderlinge en die Herder Ouderlinge.

Die Raad van Ouderlinge se dienswerk behels breedweg die volgende:

  • Om gehoorsaam aan Jesus Christus koers aan te dui vir ons gemeente. Dit beteken die daarstelling van ʼn visie en ʼn missie, die deurgee van ons kernwaardes, en die vasstelling van beleid ten opsigte van al die bedieninge van ons gemeente.

  • Om leiding te neem wat betref die geestelike groei in ons gemeente, en gereeld te besin daaroor.

  • Om waaksaam te wees waar kwessies rakende die gesonde leer en lewe van almal in ons gemeente aangespreek moet word

  • Skakeling met die Gereformeerde Kerkverband.

  • Die Herder Ouderlinge se dienswerk behels in besonder:

  • Om verhoudings te bou met lidmate wat nie in Kleingroepe ingeskakel is nie, en om hulle te lei sovêr moontlik om wel by Kleingroepe in te skakel. Bou ook verhoudings met lidmate wat geen, of nie volgens hulle beloftes dankoffers gee nie.

  • Om te skakel met Kleingroepleiers, sodat daar vir elke Kleingroep ‘n ouderling as kontakpersoon is. Dit verhoed nie lede van die RvO wat met Kleingroepe wil skakel om dit ook te doen nie.

  • Om  opname gesprekke van nuwe lidmate saam met die predikante te behartig.

  • Om alle aangeleenthede te hanteer rondom die Bediening van Versoening.

DIE RAAD VAN OUDERLINGE WORD ONDERSTEUN DEUR DIE BESTUURSDIENSGROEP: Die Bestuursdiensgroep word opgemaak uit die voorsitters van die diensgroepe in die gemeente.  Die diensgroepe van die gemeente wat onder leiding van die diakonie staan, word op die Bestuursdiensgroep verteenwoordig deur die voorsitter van die diakonie.

Die Bestuursdiensgroep se dienswerk behels breedweg die volgende:

  • Effektiewe strukturering en funksionering van Diensgroepe, sodat die visie en missie van ons gemeente gestalte kry in praktyk.

  • Daarstel van infrastruktuur, stelsels en prosesse om aktiwiteite in die gemeente te ondersteun.

  • Effektiewe administratiewe ondersteuning, insluitende personeelbestuur.

  • Daarstel en onderhou van fasiliteite.·        

  • Opstel van jaarlikse begroting, en finansiële beheer oor uitgawes.

KLEINGROEPLEIERS:

Kleingroepleiers se dienswerk is belangrik. Die basiese uitgangspunt vir versorging in ons gemeente is dat die amp van die gelowige moet funksioneer. Elke gelowige is  ʼn profeet, priester en koning en moet dit in sy / haar eie lewe en in verhoudings met ander mense in die gemeente en ook na buite uitleef. Daarin speel die kleingroepleiers  ʼn prominent rol in die kleingroepbediening en die versorging van die lidmate in die kleingroepe. Vanweë die feit dat kleingroepleiers gereeld met kleingroeplede kontak het, is die kleingroepleier die aangewese persoon om die eerste vlak pastorale sorg te fasiliteer en tussen kleingroeplede te stimuleer.

Die bediening van versoening sal volgens Matt 18 ook in die kleingroep ’n aanvang neem. Waar ’n lidmaat hom / haar nie bekeer nadat daar in die kleingroep met hom / haar gepraat is nie, sal die kleingroepleier die saak na die Herder ouderlinge neem vir verdere optrede. 


wapadrant_gemeente_ouderlinge_handleiding_rev_1-_28okt2012.pdf
File Size: 57 kb
File Type: pdf
Download File